100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NHS presteer in tienertoneel

Written by on September 7, 2023

Hoërskool Nelspruit (NHS) het vanjaar twee tienertoneel produksies aangebied: “Kopskuif “en “My meise se ou se meisie”.
Met “My meise se ou se meisie” het hulle die FAK Allegretto Toneelfees se semifinaal gehaal en verskeie toekennings ingepalm.
Juf. Rona van Blerk noem dit baanbrekerswerk omdat dit die stigma oor sport teenoor kultuur verander met onder meer ‘n kranige sportman, Ruben Lorist, wat die hoofrol vertolk.
Sy gesels saam met Ruben en Nina Prinsloo, die jong skrywer van “Kopskuif”, met Charles oor NHS se tienertoneel.
Luister weer hier:

“Ons wil die konsep verander dat mense verskillende talente in kultuur en sport het, terwyl kinders in der waarheid in albei kan uitblink.”
Sien ook: Nellie pak Route ’74 aan vir haar ma en vir KANSA