Geregtelike doodsondersoek gedoen na tweejarige in Msholozi verdrink

Die Mpumalanga polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek begin na ‘n tweejarige seuntjie gister in Msholozi buite Witrivier verdrink het.

Volgens die polisie sê Sibusiso Mnisi se ma dat hy in die huis geslaap het, maar haar toe, sonder dat sy dit besef het, agtergevolg het.

Sy het ‘n stroom oorgesteek en toe hy probeer volg is hy meegesleur.

Die polisie maan die publiek om uiters versigtig te wees naby water met aanhoudende reën wat voortduur.

‘n Oranje vlak 9-waarskuwing vir ontwrigtende reën oor die oostelike Laeveld van Mpumalanga en Limpopo geld steeds vandag.

Intussen het die Witrivier-bewaringsraad aangekondig dat Klipkoppie, Primkop en Longmere-damme weens die volgehoue swaar reën gesluit is, omdat toegangspaaie en rivierkruisings onveilig is.
Foto: Longmere (verskaf)