100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie verdagtes vandag in hof na taxi-geweld man se lewe eis in Nkomazi

Written by on October 14, 2024

Drie mense sal na verwagting vandag in die Nkomazi-landdroshof verskyn na hul inhegtenisname weens ‘n skietery tussen taxi-operateurs Donderdag by Nkomazi Plaza in Tonga.

‘n Manlike slagoffer is daartydens dood.

‘n Vrou is ook tydens die voorval gewond.

Die LUR vir Gemeenskapveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, het die arrestasies verwelkom.

Verhoogde polisie-sigbaarheid in Nkomazi na skietery man eis, 11 Oktober

Lede van die polisie-eenheid vir openbare orde is in Tonga ontplooi om polisie-sigbaarheid te verhoog, na ‘n skietvoorval gister by die Nkomazi Plaza.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, het ‘n skietery tussen taxi-operateurs ontstaan.

‘n Man en ‘n vrou is gewond. Die man het op die toneel beswyk. Die vrou word in die hospitaal behandel.

Die provinsiale polisiekommissaris, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, het gepleit vir kalmte.

Sien ook: Eenheid gestig om politieke moorde te ondersoek


×