Drie dood toe vier voertuie bots op N4

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
vier voertuie BOTS OP N4

Drie mense, waaronder twee kinders, is vroeg vanoggend in ‘n ongeluk op die N4 dood toe vier voertuie gebots het.
Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid was twee ligte afleweringsvoertuie, ‘n vragmotor en minibus om ongeveer 05:00 betrokke in die ongeluk tussen die afdraai na Woestalleen en Arnot.

Die oorledenes was almal insittendes van die minibus en sluit ‘n volwasse vrou in.
Twee mense is ook ernstig beseer en 14 het ligte beserings opgedoen.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Motoriste is gewaarsku om lang vertragings te verwag terwyl die toneel en vier voertuie opgeruim word.

Sien ook: Gru-ongeluk op N4 Schoemanskloof eis vragmotorbestuurder se arm

Foto’s: Verskaf