Die soektog duur voort na Rikus Kylander, ‘n 18-jarige matrikulant van Krugersdorp, wat op 18 Desember in Mosambiek vermis geraak het terwyl hy saam met vriende by Ponta do Ouro gesnorkel het.

Volgens Dawn Gounden van Renegades Search & Rescue het spanne lug-soektogte uitgevoer van Black Rock tot by die Suid-Afrikaanse grens en van Ponta tot Santa Maria.
Soektogte deur duikers in die see duur voort.
Lede van die Turtle Patrol help ook daagliks en dra by tot verhoogde sigbaarheid en bewustheid langs die Kosibaai-kuslyn.
Gounden het vakansiegangers en lede van die publiek bedank vir hul ondersteuning in die voortdurende poging om vir die familie afsluiting te bring.
Sien meer: Soektog duur voort na tiener vermis in Mosambiekse water





