Die Raad van die Casterbridge Music Development Academy (CMDA) het alle bedrywighede van vandag af opgeskort weens finansiële druk.
Die fokus verskuif nou na intensiewe fondsinsameling en hulpbronmobilisering om die nodige befondsing te verseker om bedrywighede te hervat.
Thapelo Lekwane sê die brand wat hul hoofkwartier in Witrivier en instrumente in November beskadig het, het sake vererger, en hulle kan nie tans by hul vyf hubs regoor die Laeveld daagliks volhou om 400 kinders gratis musiek te leer nie.
Luister hier:
Ondersteun die BackaBuddy-veldtog hier: Save the Music
Om betrokke te raak kontak Hilton Barnett by 082-900-1452 of [email protected].





