Chimp Eden knap besoekersentrum op, onthou Jane Goodall

Chimp Eden het Saterdag sy nuut opgeknapte besoekersentrum bekendgestel.

Elk van die 33 sjimpansees wat tans hier woon se storie word pragtig gedeel sowel as die besonderhede van waar en hoe hulle gered is.

Dit is alles moontlik gemaak deur bydraes van die gemeenskap.

Die raadsvoorsitter, Evelyn Deiner, het ‘n oorsig gegee oor die 20 bestaansjare van die reservaat. 

Luister:

Die geleentheid is ook gebruik om Jane Goodall te onthou, na haar afsterwe verlede jaar.

Haar baanbrekersnavorsing word ook in die besoekersentrum uitgelig.

Patrick van Veen het ‘n hegte persoonlike verhouding met haar gebou sedert hy in 2008 by die raad van die Jane Goodall-instituut in Nederland aangesluit het. 

Hy het spesiaal die geleentheid bygewoon en Goodall se ethos dat elke individu ‘n verskil kan maak gedeel.

Hy het ook persoonlike staaltjies gedeel.

Luister: