220 nuwe polisielede vir Mpumalanga verwelkom

Mpumalanga se polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het 220 nuut opgeleide polisiekonstabels verwelkom by Mbombela-stadion. Hulle het beklemtoon dat baie van hulle vroue is. Sy het ouers verder gemaan om hul kinders nie sonder toesig te laat nie, na twee kleuters Maandag in Amersfoort in ‘n huisbrand dood is. Volgens die polisie is ‘n tweejarige […]
BCJ lig sluier oor hoe twee reeksmoordenaars vasgetrek is

Die storie van die sogenaamde Munsieville-moordenaars klink soos ‘n riller. Shaun Oosthuizen is op 4 Augustus tot lewenslange trokstraf gevonnis vir die moord in 2018 op Hetta Potgieter in Mbombela – asook 15 jaar vir roof. Hy en Johnny du Plooy dien ook elk reeds twee lewenslange vonnise uit vir twee ander moorde wat op […]
100.5FM se eie Sanett op kortlys vir GoeieGons!-toekennings

Radio Laeveld 100.5FM se eie Sanett Oosthuizen is genomineer vir ‘n GoeieGons!-toekenning as Radiopersoonlikheid van die jaar. Luisteraars ken haar as die stem op 100.5FM waarmee hulle soggens wakker word en hul dag aan die gang kry. Aanvanklik het sy en Neels die Laeveld Ontbyt saam aangebied, maar sedert Desember het luisteraars gewoond geraak om […]
Plaaslike Elvis-fanatikus: ‘Lank lewe koning van rock’

Dit is vandag presies 44 jaar sedert Elvis Presley op 16 Augustus 1977 oorlede is. Robbie Robinson, ‘n inwoner van Barberton, wat ‘n ywerige versamelaar is van Elvis-memorabilia, het vir Gerhardt vertel hoekom hy so ‘n groot aanhanger is van die koning van rock ‘n roll. Luister weer hier daarna. Terloops, het jy geweet dat […]
Minister sê Covid-19-inentings moet geriefliker gemaak word

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê hy verwag dat hulle hierdie week nog kan begin om mense ouer as 18 jaar teen Covid-19 in te ent. Hy was vandag op besoek aan inentingslokale in Nkomazi-munisipaliteit sowel as by Rob Ferreira-hospitaal saam met Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, en LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini. […]
NHS se Skouspel 2021 eersdaags virtueel op die planke

Hoërskool Nelspruit (NHS) se revue het al ‘n jaarlikse hoogtepunt geword op die kalender in die Laeveld. Dit kon nie verlede jaar plaasvind nie, en daarom is besluit om Skouspel 2021 vanjaar ‘n bietjie anders te benader. Weens Covid-19-regulasies kan ‘n gehoor nie toegelaat word nie en die vertoning sal slegs vir een aand, op […]
Twee 15-jariges aangekeer vir moord na huishoudelike geweld

Twee 15-jariges sal na verwagting vandag in die hof verskyn, nadat hulle in twee afsonderlike voorvalle Vrydag na bewering familielede doodgemaak het. Volgens die polisie hou beide voorvalle verband met huishoudelike geweld. In Bosbokrand is ‘n 65-jarige man die aand na ‘n bakleiery met sy vrou glo deur een van sy kinders doodgesteek. ‘n 49-jarige […]
Verward oor die nuwe rugbyreëls? Oubaas Coetzer verduidelik hoe dit werk

Nuwe rugbyreëls sal vir die volgende 12 maande wêreldwyd getoets word, en die Springbokke sal vanaand vir die eerste keer in hul kragmeting teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap daarvolgens geblaas word. Oubaas Coetzer, hoof van rugbyskeidsregters in Mpumalanga, het vir Gerhardt verduidelik wat dit behels.
Dan Patlansky: ‘Blues is ‘n gevoel’

Die gewilde en bekende Blues-kitaarspeler Dan Patlansky tree vanaand weer voor ‘n uitverkoopte gehoor by Yoons Eatery op. Hy het al vir Bruce “The Boss” Springsteen geopen, maar dink die kleiner gehore wat Covid-19 afdwing, pas die musiek uitstekend. “Blues is ‘n gevoel,” sê hy. “Dit is die wortel van alle moderne musiek op ‘n […]
Geen meer voorbrande nie, sê Lefpa

Die Lowveld & Escarpment Fire Protection Association (Lefpa) sê geen verdere voorbrande moet meer gemaak word nie, omdat die brandgevaar baie hoog is hierdie tyd van die jaar. Volgens André Scheepers van Lefpa is alle beskikbare hulpbronne en spanne op hoë gereedheid geplaas om op enige brande te reageer en die publiek te waarsku. Tot […]