Wees op die uitkyk vir motorfietse

Motoriste is nie gewoond daaraan om op die uitkyk te wees vir motorfietse nie. Johan du Plessis en Francois Neuhoff van Lowveld Motorcycle Training & Country Tracks vra: “Look twice for bikes”. Luister hier:      

TRAC gereed vir vakansieverkeer

TRAC berei voor vir ‘n aansienlike toename in verkeer op die die Maputo-korridor, wat Gauteng, Mpumalanga en Maputo verbind soos die feestyd nader kom. TRAC het verskeie maatreëls geïmplementeer om verkeersvloei op die N4 te bestuur en padveiligheid te verbeter. Alle TRAC N4-tolplazas sal gedurende geïdentifiseerde spitsdatums ten volle beman wees om die verwagte toename […]

Honderde stuks wild uit Marloth Park verskuif

Na jare se binnegevegte oor hoe om die oorbevolking van wild in Marloth Park op te los, is honderde diere onlangs verwyder en na Balule-wildreservaat in Hoedspruit verskuif. Soveel as 600 rooibokke, 150 koedoes, 150 vlakvarke, 80 bosbokke, 45 sebras, 40 wildebeeste en 20 kameelperde is verwyder. Foto’s ter illustrasie: Ruth Smit   Cindy Benson, die voorsitter van die belastingbetalersvereniging, vertel hoe […]

16 Desember hou Witrivier en Badfontein Geloftefees

Geloftedag het oor die jare ontwikkel van ‘n suiwer gelowige herdenking na ‘n kultuurgeleentheid wat die gemeenskap byeen bring om hul erfenis, geskiedenis en waardes te vier. Hendrik Briel reël Witrivier se Geloftefees. Dolf Botha is van die Badfontein-geloftefees. Hulle gesels met Laeveld Brunch oor 16 Desember. Luister: 

Daniël Slabbert inspireer met insameling vir KANSA

Daniël Slabbert, ‘n Bergvlam-leerling, het vanjaar R31,300 ingesamel vir KANSA, en daarmee is hy aangewys as die KANSA Laeveld-debutant van die jaar vir beide die Laeveld en Mpumalanga. Hy gesels met die Middag Game Drive. Luister hier: Sy prestasies: Beste presteerder onder KANSA-debutante by Hoërskool Bergvlam Diensleweringstoekenning, onder alle KANSA-debutante in die Laeveld vir 2025 […]

Storm saai verwoesting by Soli Deo Gloria

Die Soli Deo Gloria-sentrum in Lydenburg het groot skade gely in ‘n verwoestende storm gister. Die Nelspruit Lion’s Club spring in om te help. Koos Schoonraad vertel hoe jy ‘n bydrae kan lewer. Luister hier: Kontak Schoonraad direk by 082-335-1347. Die Lion’s Club se bankbesonderhede is Lions Project, FNB, 62186547629.

Help Baba Caleb op sy reis na heling

Kort na Baba Caleb se geboorte op 25 Junie het sy ouers ‘n hartverskeurendste diagnose ontvang: Hemimegalencephaly (HME). Dit is ‘n uiters skaars en ernstige breintoestand waar een kant van die brein abnormaal groei. Dit veroorsaak onbeheerbare epileptiese aanvalle. Sy ma, Lara van Wyk, verduidelik die toestand. Luister: Vind die BackaBuddy-rekening hier: Help Baby Caleb […]