Vierde ontsnapte man heraangekeer

misdaad

‘n Vierde verdagte wat die naweek uit aanhouding in die Lydenburg-polisiestasie ontsnap het, is gister in Kabokweni  aangekeer. France Malatjie is een van ses verhoorafwagtende mans wat ontsnap het. Nog drie voortvlugtiges is tot dusver herarresteer.  Malatjie sal na verwagting vandag in die Mashishing-landdroshof verskyn op aanklagte van ontsnapping uit aanhouding. Twee ander, Fana Fenyane […]

Red Kaapsehoop se wildeperde

Carli Scheepers van die Kaapschehoop Conservancy sê van die 36 wildeperde wat oor is, is slegs 30 tans verantwoord voor. Sy deel dié organisasie se planne om die wildeperd-bevolking te red. Luister hier: Maak hier ‘n bydrae: Kaapschehoop Conservancy, Absa-spaarrekeningnommer 9120619813, takkode 632005.

Bly veilig die feestyd

Voertuigkapings en gewapende roof is skerp aan die toeneem in die Laeveld. Frank Swanepoel van FSP Sekuriteit gesels met Sonop Ontbyt oor Feestyd-veiligheid. Luister weer:

Busongeluk eis vyf lewens

Vyf mense is dood toe ‘n bus gistermiddag op die R33 tussen Mkhondo en Amsterdam omgeslaan het. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het die bestuurder na vermoede beheer verloor weens die nat toestande op die pad. Die oorsaak word ondersoek. Ses mense is ernstig beseer en 20 het geringe beserings opgedoen. Hulle is na […]

Botsing eis drie tussen Barberton en Manzana

Drie mense is vroeg vanoggend dood toe ‘n vragmotor en minibus-taxi trompop gebots het op die R38 tussen Barberton en Manzana. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sluit die slagoffers twee passasiers en die taxi-bestuurder in. Die vragmotorbestuurder het geringe beserings opgedoen. Die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is onderweg, maar die departement […]

NVG: Mpumalanga mensehandel brandpunt

Dit is 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê Mpumalanga word beskou as ‘n brandpunt vir mensehandel. Adv. Beauty Chibangu van die NVG is die voorsitter van die vinnige reaksie-taakspan in die provinsie. Luister weer: 

Ondersteuning in oorvloed na brand Picasso’s verwoes

Picasso’s by Casterbridge in Witrivier is Maandagaand in ‘n brand verwoes. Die eienaar, Garth Snyman, sê die oorsaak is nog onbekend, en dit sal maande neem om te herbou. Hy sê die gemeenskap se ondersteuning sover was oorweldigend. Luister: ‘n Backabuddy-rekening is geopen om die werknemers te ondersteun. Ondersteun dit hier: A Bridge for the […]

Wyksraadslid skiet en wond glo twee in Pienaar

misdaad

‘n 34-jarige wyksraadslid van Pienaar verskyn vandag in die Kanyamazane Periodieke Hof op twee aanklagte van poging tot moord. Die polisie in Mpumalanga sê ‘n onderonsie het Donderdag ontstaan tussen die pa van ’n 16-jarige meisie wat selfdood gepleeg het en die familie van haar oorlede ma. Die familie was glo ongelukkig dat die pa […]

Jaggewere wat tydens huisbraak in Witrivier gesteel is, verlate gevind in Pienaar

Die polisie in Pienaar ondersoek ‘n saak na vuurwapens verlate gevind is. Hulle het gereageer op inligting oor ‘n groep individue wat na bewering vuurwapens van Mataffin na Pienaar in ‘n Nissan-bakkie vervoer het. Die voertuig is in die Karino-gebied opgemerk en ‘n polisiebeampte het dit gevolg. Naby Moyeni Mall het twee manlike passasiers met […]

Vermeende kaper verskyn vandag in die Sabie-hof

‘n Dertigjarige verdagte sal vandag in die Sabie-landdroshof verskyn na die kaping en rooftog van ‘n afleweringsvoertuig in Sabie Dinsdag. Hy word aangekla van kaping en roof. Volgens die polisie is die voertuig op die Sabie/Witrivier-pad voorgekeer en die insittendes is deur twee gewapende mans na ‘n nabygeleë plantasie geneem. Hulle kon met ‘n plantasiewerker […]