Hewige donderstorms voorspel

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het waarskuwings vir hewige donderstorms uitgereik, terwyl swaar reën en donderstorms na verwagting oor die naweek sal voortduur. Oranje vlak 5-waarskuwings geld vir dele van die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes, terwyl geel vlak 4- en 2-waarskuwings vir Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo in plek is. ‘n Weervoorspeller, Tokelo Chiloane, sê storms […]
Premier sê werksgroei en inklusiewe ekonomie is topprioriteite

Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsie beplan om ekonomiese groei te versnel terwyl werksgeleenthede uitgebrei word, veral vir die jeug en vroue. Ndlovu het gister tydens sy provinsiale rede gesê die provinsiale ekonomie sal na verwagting vanjaar met 1,3% groei, met projeksies van gemiddeld ongeveer 2% per jaar tussen 2027 en 2029. […]
Kindertoelaes: Doen só aansoek

Hierdie onderhoud is betaal deur die kliënt.
Minister: Appèl teen mynaansoeke eindig by my

Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, sê na 100 dae in die amp dat hy aan die begin van sy termyn ‘n nuwe regsdepartement aangestel het om appèlle teen omgewingsimpakstudies wat deur die Departement Minerale en Petroleumbronne goedgekeur is vir mynaansoeke vinniger af te handel. Aucamp verduidelik sy departement raak eers […]
Arrestasies gemaak tydens ontwrigtende operasies in Pelgrimsrus

Sestien verdagtes is Maandag en Dinsdag in hegtenis geneem tydens ‘n operasie wat onwettige mynbou in Pelgrimsrus geteiken het. Volgens die Mpumalanga polisie is onwettige mynboutoerusting ook gevind tydens die ontwrigtende operasies by Majacks informele nedersetting. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van oortreding van die Immigrasiewet, besit van onwettige sigarette asook besit van gouddraende […]
Twee renosterkalfies in NKW gered

Twee jong renosters is Saterdag in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gered na waaksame besoekers SANParke oor hulle gewaarsku het. Die kalfies, onderskeidelik 12 en 18 maande oud, is opgemerk waar hulle langs die pad na die Malelane-gedeelte rus. Owerhede het vinnig gereageer om hulle te vang en na ‘n veilige plek te neem. Die jonger […]
Twee vas weens R3m se goud in Pelgrimsrus

Twee mense het Vrydag in die Graskop-landdroshof verskyn na hulle in besit van goud met ‘n geskatte waarde van R3 miljoen gevind is. Volgens die polisie is albei ongedokumenteerde Mosambiekse burgers. Hulle is Woensdagaand in Pelgrimsrus gearresteer as deel van Operasie Shanela en was glo in besit van ses sakke 90% verwerkte goud. Hulle sal […]
Vermeende spoorlyn-diewe verskyn vandag in die Barberton-hof

Vyf verdagtes is aangekeer as deel van Operasie Vala Umgodi vir peuter met noodsaaklike infrastruktuur by Joe’s Luck naby Barberton Vrydagnamiddag. Polisiebeamptes op patrollie langs die R38 Barberton–Sheba Siding-pad het ʼn taxi opgemerk wat mans aflaai wat toe in digte bosse verdwyn het. Hulle het hulle gevolg en die verdagtes aangetref in besit van 269 […]
Nog twee verskyn in hof ween R113m bedrogsaak

Die twee uitstaande verdagtes in die R113 miljoen bedrogsaak in die Mpumalanga Onderwysdepartement het hulself gister en vandag aan die Valke oorgegee. Hulle was in die buiteland ten tyde van die operasie waartydens 38 verdagtes sedert Sondag in vier provinsies gearresteer is. Die saak hou verband met instandhoudingskontrakte by Mpumalanga-skole. Beide het reeds in die […]
Spertyd nader vir Mbombela se amnestieprogram

Huishoudings in Mbombela het slegs tot 15 Maart om aansoek te doen vir die munisipaliteit se skuldverligting-amnestieprogram. Phumula Mathebula gesels met Sonop Ontbyt. Luister: