NHS weer Mpumalanga se topskool

Hoërskool Nelspruit (NHS) is weer as die topskool in Mpumalanga aangewys na die bekendmaking van die 2025 matriekuitslae. “Ons leer kinders om te droom met hul oë oop,” sê Ferdi van Wijk (akademiese hoof) en Bertus Steyn (adjunkhoof) aan die Middag Game Drive. Luister:
Luister: Barberton matrieks 2025

Hoërskool Barberton se toppresterende matrieks vir die Klas van 2025 was Kudakwashe Kadzimu, Mpumelelo Sithole, Mpho Songo en Siphesihle Mona. Hulle kuier by Sonop Ontbyt. Luister:
Passiespele in Maart aangebied
Kerke vanaf Witrivier tot Nelspruit snoer hul talente saam om vanjaar in Maart ‘n volwaardige Passiespele aan te bied. Ds. Alisna Slabbert van die NG Kerk Witrivier vertel vir Laeveld Brunch hoe jy betrokke kan raak. Luister: Kontak 062-862-5106 vir meer besonderhede.
Luister: Bergvlam matrieks 2025

Hoërskool Bergvlam se toppresteerders in die matriekeksamen van 2025 was Dillyn Baird, Thato Khoza en Takudzwa Chihaba. Hulle kuier saam met skoolhoof, Deon Visser, by die Middag Game Drive. Luister weer:
Luister: Penryn matrieks 2025

Penryn se Mieke Reingruber, Reneilwe Mokgotho en Lukhanyo Mlangeni het elk sewe onderskeidings in die IEB-matriekeksamen in 2025 behaal. Die uitvoerende hoof, Mike Eissen, het hulle na die ateljee vergesel. Luister:
Run the Block saam die naweek

Die plaaslike ultra-atleet Damien Kuhn gaan Vrydagmiddag 16:00 begin om vir 24 uur in ‘n kilometer-roete te hardloop en hy nooi jou saam om ook ‘n bietjie saam te draf of te stap. Hy vertel die Middag Game Drive van Run the Block. Luister:
Luister: Uplands matrieks 2025

Uplands College toppresteerders van 2025 is Nicole Cooper, Erin Durek, Joshua De Beer en S’nenjabulo Hlatshwayo. Hulle het gesels met die Middag Game Drive. Luister weer:
Kris Ray stel eerste album bekend

Die plaaslike musikant, Kris Ray, het Vrydag amptelik sy eerste album vrygestel. Hy het met die Middag Game Drive gesels oor My hart in Afrikaans. Luister:
Beskerm jou groentetuin te midde van baie reën

Elzabé de Bruyn het Saterdag gesels oor die baie reën en wat gedoen moet word om te keer dat dit nie chaos in jou groentetuin veroorsaak nie asook wat om nog te plant in die laat somer. Luister:
Sluit aan by die Laeveld Voortrekkers

Die Laeveld Kommando van die Voortrekkers hou op 12 Januarie ‘n opedag en almal is welkom. Kommando-leier Robert Strydom kuier in die ateljee saam met Michelle de Lange, Liz-Mare Anderson en Justin Homann. Luister: Om meer uit te vind van hierdie avontuur van leierskap kweek kontak Strydom by 082-496-1454.