Motorfietsryers rev dit vanjaar vir klein Caleb

Pediatric Care Africa se Ride for a Child vind vanjaar die sewende keer plaas. Volgens dr. André Hattingh het hulle besluit om vanjaar daarop te fokus om een spesifieke kind te help: Die sewe-maande oue Caleb van Wyk van Nelspruit, wat ‘n baie seldsame breintoestand het en ‘n duur operasie benodig. Hattingh sê hulle het […]

Ma: ‘Kry hulp vir jou neurodiverse kind’

Yolanda Gani, ’n disleksie-spesialis, en ‘n plaaslike ma, Amanda Broodryk, is op ‘n missie op ouers en skole beter toe te rus in die ondersteuning van neurodiverse kinders, spesifiek kinders met ADHD, ADD, disleksie en ander leeruitdagings. “Moenie bang wees om vir jou neurodiverse kind hulp te kry nie,” sê Broodryk. Luister weer:

Kies die lewe: Spreek onverwerkte trauma aan

Die pastorale berader, past. Carin Myburgh van die Trinity Truth Foundation, sê vir Saterdag Ontbyt dat ‘n traumatiese  ervaring wat nooit volledig verwerk word nie jare later steeds spanning, angs, of selfs liggaamlike simptone kan veroorsaak. Luister hier:

SANBS pleit: Kom skenk asb. bloed

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) se voorraadvlakke is gevaarlik laag. Hulle hou volgende Saterdag, 30 Januarie, ‘n groot bloedinsamelingsveldtog by i’langa Mall, voor Mopani-apteek. 100.5FM gaan regstreeks uitsaai. Palesa Mazibuko pleit dat mense dit ondersteun en bloed skenk. Luister:

Ereveldwagters hou gholfdag

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters hou op 27 Februarie by die Witrivier-gholfklub hul jaarlikse gholfdag. Estelle Roe en Johan Willemse gesels met ons oor die belangrike werk wat hulle doen. Luister: Kontak hulle direk by 083-326-8185 of 083-701-9827.

“Sew and knit” vir Childline

Childline Mpumalanga benodig sagte troos speelgoed vir die kinders wie hulle bystaan. Hulle nooi naaldwerkers om bydraes te maak. Benita Nel vertel hoe die kompetisie werk. Luister weer:

Kweek só veerkragtigheid

Die positiewe sielkundige, Sonja Stadler, is Donderdag die gasspreker by die South African Council for Businesswomen (SACBW) se eerste netwerksessie vir 2026 met die tema: “The Resilient Leader”. Sy gesels met ons oor hoe belangrik dit is om veerkragtigheid te kweek. Luister weer: Bespreek jou plek by Donderdag se netwerkgeleentheid by [email protected].

(Nog ‘n) nuwe rekord vir goudprys

Goud het gisteroggend tot ‘n rekordhoogtepunt van meer as $4,600 per fynons gestyg. Stian Schutte van PSG Wealth sê beleggers beskou goud as ‘n veilige hawe in tye van geopolitieke spanning. Luister: