Google gaan betaal vir plaaslike nuusinhoud

Google het ingestem tot ‘n R688 miljoen-betaling aan die Suid-Afrikaanse mediabedryf in ‘n beginselstryd teen internasionale tegnologiereuse wat tot nou toe hul nuusinhoud sonder vergoeding gebruik het. Mediaregkenner en prokureur, Helene Viljoen, verduidelik wat dit beteken. Luister hier: 

Jy het bes moontlik finansiële stres-sindroom

Finansiële stres-sindroom hou verband met middelklas armoede: Jy het kennis en ‘n goeie inkomste, maar tog is jy finansieël op jou knieë. Klink dit bekend? Gary Kayle van Cumulate sê daar is hulp. Luister hier:

Liyana: ‘Let Love Die’

Die R&B-sangeres, Liyana, se jongste enkelsnit, Let Love Die is onlangs vrygestel. Sy vertel hoe haar grootwordjare in ‘n Duits-Filipynse huishouding in Mbombela haar musiekinvloede gevorm het. Luister weer:  

Ontmoet Provincial Mpumalanga MS-wenner, Amelia Roux 

Die deelnemers aan vanjaar se Mev. Mpumalanga-kompetisie het soos sussies geword sê die Provincial Mpumalanga MS-wenner, Amelia Roux. Sy gesels met die Middag Game Drive oor die wonderlike – en soms stresvolle – reis wat ten doel het om terug te gee aan die gemeenskap. Luister hier:

Wildtuin vereer uitsonderlike prestaties

Uitsonderlike werknemers van die Krugerwildtuin is Vrydag vereer tydens die jaarlikse prestasietoekennings wat by die Nombolo Mdluli-konferensiesentrum gehou is. Dit is teen die agtergrond van SANParke se verbeterde prestasie vir die 2024/25-boekjaar, met ‘n 10% toename in inkomste tot R4,1 miljard.   Albert Mkansi, Vusi Lubisi, Katekani Sibuyi en Nicolus Mathebula het die kollig gesteel […]

Plant so kruie in jou groentetuin

Die organiese groentetuin-kenner, Elzabé de Bruyn, het Saterdag meer vertel oor die plant van kruie in jou groentetuin. Luister weer:

Innibos-span gee terug aan Care for Wild

Die Innibos-span het verlede week die voorreg gehad om Care for Wild Rhino Sanctuary te besoek, ’n organisasie wat ongelooflike werk doen om renosters en Suid-Afrikaners se natuurlike erfenis te beskerm. As deel van hul besoek het die span vellies en T-hemde aan die toegewyde Care for Wild-span oorhandig, as ’n gebaar van waardering en […]