Liggaam gevind van man wat in Low’s Creek verdrink

Die polisie in Mpumalanga het geregtelike doodsondersoeke begin na twee afsonderlike verdrinkings.  Lucky Fanyana Shongwe (42) het Maandagmiddag in die Sithobela-rivier in Hartebeeskop verdrink terwyl hy ‘n spirituele reinigingsritueel uitgevoer het. Vroeër dieselfde dag is ‘n man meegesleur terwyl hy saam met vier ander die KaMambedla-rivier in Low’s Creek probeer oorsteek het. Adriaan Makhubela se liggaam […]

LUR: Minder ongelukke maar meer sterftes op paaie die feestyd

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, het vanoggend die besonderhede van die provinsie se feestyd-statistieke bekendmaak.  Mpumalanga was een van die provinsies wat gedurende die feestyd toenames in padsterftes aangeteken het.  Macie sê die feit dat die getal ongelukke afgeneem het is niks om te vier nie aangesien meer menselewens verloor is as […]

Noorde van Krugerwildtuin begin heropen

Oornagbesoekers word nou weer in dele van die noorde van die Krugerwildtuin verwelkom, na kampe en toegangshekke weens oostromings moes sluit. Die Phalaborwa-hek en Phabeni-hek kan gebruik word. Bateleur-boskamp heropen môre. Mopani-ruskamp sal teen Vrydag heropen, buiten vir die restaurant en swembad. Letaba en Shingwedzi sowel as Pafuri bly ontoeganklik en gesluit. Orpen-hek is slegs […]

Inspeksie by Senteeko-dam toon uitloop-struktuur is moeilik herstelbaar

Die Departement van Water en Sanitasie sê ‘n veiligheidsinspeksie by die Senteeko-dam buite Barberton het getoon dat die uitloop-struktuur so verswak het, dat dit moeilik herstelbaar sal wees. Ingenieurs was gister besig met ‘n sekondêre uitloop as noodmaatreël. Gemeenskappe stroomaf van die dam is gewaarsku om as voorsorgmaatreël na hoër grond te beweeg, weens die […]

Opdatering: Senteeko-damwal meer stabiel na watervlakke daal maar waarskuwings bly in plek

Die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier in die Barberton-vallei se watervlakke het kennelik gedaal en erosie van die oorloop het afgeneem, na die die damwal gedreig het om in te gee. Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku egter die dam-struktuur bly onstabiel en waarskuwings bly in plek. Die Departement van Water en Sanitasie se hoof van die Spesialiseenheid […]

Mpumalanga vloedskade op R3,5 milj. beraam

Mpumalanga het na raming R3,5 miljard se skade gely tydens die onlangse oorstromings. Die woordvoerder van die provinsiale departement vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Freddy Ngobe, sê die grootste skade is in Ehlanzeni-distrik aangerig met Mbombela en Nkomazi wat die ergste deurgeloop het. Voorlopige verslae toon R160 miljoen se skade is gely in […]

Opdatering: Ingenieurs verlig druk op Senteeko-damwal maar waarskuwings bly in plek

Ingenieurs het ‘n nuwe sykanaal-oorloop geskep om die hoofoorloop te verlig van die Senteeko-damwal buite Barberton. Die wal van die dam in die Suidkaap-rivier dreig om in te gee. Volgens die De Kaap-waterraad sal die tweede oorloop druk verlig, maar die moontlikheid bly bestaan dat die damwal kan breek. Die Barbertonvallei en die boonste dele […]

Vloedskade in Krugerwildtuin kan honderde miljoene beloop

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, sê die onlangse vloede in die Krugerwildtuin het uitgebreide skade veroorsaak wat moontlik honderde miljoene rand beloop.  Hy het tydens ‘n inligtingsessie aan die media in Kaapstad vandag gesê paaie, brûe, kampe, personeelbehuising, toeriste-geriewe en water- en elektriese stelsels is geraak.  Ondanks die vernietiging was […]

Oorstromings 2026: Krokodilbrug-hek heropen môre

Die Krugerwildtuin se Krokodilbrug-hek sal môre vir dagbesoekers heropen aangesien erge weerstoestande oor die Laeveld van Limpopo en Mpumalanga bedaar het.  SANParke waarsku die situasie bly egter dinamies met ‘n damwal buite die park wat volgens berigte in gevaar is en wat operasionele toestande op kort kennisgewing kan verander.  Die Senteeko-damwal staan ​​tans nog, maar […]

ActionSA eis aksie oor Lily-myn amper 10 jaar later

ActionSA eis dat die Minister van Polisie en die Minister van Minerale en Petroleumbronne dringend rekenskap gee van die toenemende verspreiding van onwettige mynbou. Dit volg op die ontdekking van die liggame van twee mans by Lily-myn in Low’s Creek gisteroggend. Athol Trollip, ActionSA se Parlementêre leier, sê amper 10 jaar na die Lily-myn tragedie […]