H4-1 heropen betyds vir Parkeweek

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het die naweek, op die vooraand van SANParke se jaarlikse nasionale Parkeweek, die H4-1 tussen Skukuza en Onder Sabie amptelik heropen.  Die leivore op een van besigste roetes in die Krugerwildtuin moes herbou word na vloed-verwante skade dit vir lank gesluit het.  SANParke sê die konstruksie is bedoel om […]

Huldeblyke na ongeluk musiekagent, assistent eis

Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf treur oor die dood van die bekende musiekagent, Mara van der Bergh, en haar assistent Samantha Fuller, in ‘n motorongeluk Saterdagaand buite Mbombela.  Die bekende countrysanger, Tommy Dell, was saam met hulle in die voertuig op pad terug van ‘n vertoning toe hulle omstreeks 22:00 met ‘n bakkie gebots het.  Barbara Ray […]

Sterk El Niño kom: Lefpa gesels oor brandgevaar

Vanjaar se El Niño-weerverskynsel sal moontlik die sterkste ooit wees. Dit lei tot droë en uiters warm weer wat die brandgevaar tot die uiterste verhoog. André Scheepers van die Laeveld en platorand-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) vertel vir Laeveld Brunch hoe lyk die situasie tans in die Laeveld. Luister:

Reeksmoordenaar nog vier lewenslange vonnise opgelê

Die Hooggeregshof in Pretoria het die week die reeksmoordenaar Rassie Nkuna en die afgedankte polisiebeampte Jacob Chego elk vier lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op die swanger Sabeiliwe Mogashoa en haar man, Lucky, in Pretoria in Maart 2022. Hulle het tereggestaan op 12 aanklagte, insluitend moord, ontvoering en bedrog. Die egpaar is voor hul […]

Vermeende onwettige visser se oorskot in Krugerwildtuin-dam gevind

Die polisie lei die ondersoek en forensiese identifikasieproses na menslike oorskot gevind is in die Mesteldam in die Krugerwildtuin. Dit volg op ’n dae lange soektog na ’n man wat glo die water binnegegaan het terwyl hy probeer het om arrestasie te ontduik Saterdag toe veldwagters vier mense betrap het waar hulle na bewering besig […]

Nelspruit tenniskampioene op pad na Sun City

Mias Bezuidenhout en Wernich Rossouw is van die spanlede van Nelspruit Tennisklub wat onlangs as provinsiale kampioene gekroon is en nou op pad is na die American Express Nasionale Klubkampioenskappe-finaal in Sun City. Hulle gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:

Pumas haal weer Curriebeker halfeind

Die Griekwas sal as gasheer vir die Leeus in Kimberley optree, terwyl die Cheetahs die Airlink Pumas in Bloemfontein verwelkom vir die Curriebeker-premierafdeling se halfeindstryde die naweek. Die Griekwas het boaan die punteleer geëindig met 31 punte na hulle die Boland Kavaliers met 48-17 geklop het, terwyl die Cheetahs tweede geëindig het met 27 punte, […]