Drie wat oud-onderwyseres glo vermoor bly in aanhouding na hulle borgaansoeke laat vaar

Die afgetrede onderwyser van Nelspruit, Karin van Aardt, se drie vermeende moordenaars het Vrydag in die Bishop Lavis-landdroshof hul borgtogaansoeke laat vaar. Ndiyabulela Vayi, Thando Nkolongo en Yamnkela Mdunyelwa het Dinsdag reeds op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede verskyn. Die staat voer aan die drie het twee weke tevore Van Aardt in […]

Vierde ontsnapte man heraangekeer

misdaad

‘n Vierde verdagte wat die naweek uit aanhouding in die Lydenburg-polisiestasie ontsnap het, is gister in Kabokweni  aangekeer. France Malatjie is een van ses verhoorafwagtende mans wat ontsnap het. Nog drie voortvlugtiges is tot dusver herarresteer.  Malatjie sal na verwagting vandag in die Mashishing-landdroshof verskyn op aanklagte van ontsnapping uit aanhouding. Twee ander, Fana Fenyane […]

NVG: Mpumalanga mensehandel brandpunt

Dit is 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê Mpumalanga word beskou as ‘n brandpunt vir mensehandel. Adv. Beauty Chibangu van die NVG is die voorsitter van die vinnige reaksie-taakspan in die provinsie. Luister weer: 

Pa en seun gevonnis oor renosterhorings, haaivin

‘n Pa en seun is Donderdag in die Middelburg-hof gevonnis vir, onder meer, die besit van renosterhorings en ‘n haaivin. Die 48-jarige pa en 27-jarige seun se name is albei Alberto Ernesto Nharreluga en beide is van Mosambiek afkomstig. Hulle is op 20 April 2019 op die N4 naby Nelspruit deur die Middelburg-blitspatrollie afgetrek. Die […]

Samora Machel se dood by Mbuzini herdenk

“Ons het leiers nodig wat in Samora Machel se voetspore volg,” sê pres. Cyril Ramaphosa. “Leiers wat onbaatsugtig is, wat daaraan toegewyd is om te dien, en wat ook bereid is om opofferings te maak, soos Samora Machel het. “Ons het leiers nodig wat die behoeftes en aspirasies van die mense van ons kontinent bo […]