Busongeluk eis vyf lewens

Vyf mense is dood toe ‘n bus gistermiddag op die R33 tussen Mkhondo en Amsterdam omgeslaan het.

Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het die bestuurder na vermoede beheer verloor weens die nat toestande op die pad.

Die oorsaak word ondersoek.

Ses mense is ernstig beseer en 20 het geringe beserings opgedoen.

Hulle is na ‘n hospitaal in Mkhondo geneem vir behandeling.

Die departement sê die bus was nie oorlaai nie, en daar was 31 insittendes, insluitend die bestuurder, ten tyde van die ongeluk.

Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi:

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen hewige donderstorms met ‘n geel vlak 4-waarskuwing wat vir byna die hele Mpumalanga uitgereik is.