Brondal-storm rig groot skade aan

Boere in die Brondal-area het groot skade gely toe ‘n groot storm hulle twee dae na Kersfees getref het. 

Marinda van den Bergh sê hulle het sowat die helfte van hul neutoes aan die hael verloor. 

‘n Massiewe boom het ook op haar suster, Veronica Neethling, op die Plaas Soete Inval, se huis se dak geval. 

“Hulle het sewe dae sonder water en krag gesit. Die assessor was nou net hier hy sê hulle het baie skade,” sê Van den Bergh. 

“Hier is baie plase wat verwoes is,” voeg sy by. 

Die onderstaande foto’s toon die skade aan ‘n buurplaas.

Veronica het saam met haar man, Homer, gemeld daar was baie boere wat hulle gehelp het om die boom op te sny. 

“Ons sê graag uit die diepte van ons harte vir Van Dyk en sy span asook Johan, Jaco en Hannes Pretorius dankie vir al hul hulp vandag. Ook dankie aan Bronpro vir jul ondersteuning en hulp.”