100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bomdreigement by Nelspruit-polisiestasie ondersoek

Written by on February 3, 2025

Die polisie ondersoek ‘n bromdreigement by die Nelspruit-polisiestasie Vrydagaand.

‘n Lid van die bom-eenheid het die aand inligting ontvang van ‘n Polsec-lid oor ‘n bom wat by die stasie geplant sou wees.

Die gebou is ontruim en die bom- en honde-eenhede het dit deursoek.

Niks is gevind nie en dienste is dieselfde aand hervat.

Die oorsprong van die oproep word ondersoek.

Die voorval volg op ‘n inbraak by die provinsiale hoofkwartier van die Mpumalanga polisie in Mbombela verlede week.

Teboho Sekaledi van die DA vra hoe inwoners in die polisie kan vertrou as hulle hulself nie kan beskerm nie.

Ses rekenaars is gesteel – dae na wangedrag-klagte teen twee senior polisiebeamptes aanhangig gemaak is.

Sien ook: Hewige donderstorms verwag te midde van hittegolf in Laeveld – Radio Laeveld