‘Blouligbende’ slaan weer toe in Mbombela

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
misdaad

‘n Vermeende bende wat hulself as wetstoepassers voordoen om motoriste te ontvoer en te forseer om groot bedrae geld uit hul rekeninge oor te plaas, het Saterdag weer in Mbombela toegeslaan.

Volgens John Meintjies van ACS Sekuriteit is twee mans wat in Mosambiek werk laat die middag naby i’langa Mall deur verdagtes voorgekeer.

Hulle het weggejaag en die een is in die been geskiet.

Meintjies bevestig die verdagtes word verbind met soortgelyke voorvalle wat onlangs in onder meer Mbombela, Hazyview en Standerton plaasgevind het.

Hy sê Suid-Afrikaners word ook geteiken, hoewel dit meer dikwels voertuie is met registrasienommers vanuit die buiteland.

Sien meer: Soektog geloods na reeks ontvoerings