Bestuurder fnuik transitoroof buite KaNyamazane
Written by Mireille on March 3, 2025
‘n Oplettende sekuriteitsbeampte kon Saterdag met vinnige opstrede ‘n transitorooftog op die N4 naby KaNyamazane fnuik.
Volgens die polisie was die gepantserde geldwa van Fidelity in die rigting van Nelspruit op pad toe die bestuurder verdagte gedrag van ander voertuie opgemerk het.
Hy kon met vaardige bestuurwerk dit vermy om tot stillstand gedwing te word deur ‘n Mercedes-Benz, wat hom wel kon skraap, en hy kon van ‘n Ford Ranger af wegjaag.
Die Mercedes-Benz is op die toneel aan die brand gesteek en agter gelaat.
Niemand is nog i.v.m. die voorval gearresteer nie.
Sien ook: Malaria hier? Hoekom? Kenner verduidelik – Radio Laeveld