100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Beheerde brande begin in wildtuin

Written by on July 3, 2024

Die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) maak gereed vir die komende winter-brandseisoen, wat deurslaggewend is vir die Savanna-bioom wat afhanklik is van brande om die ekostelsel gesond te hou.

Na ‘n seisoen van laer reënval, verwag die wildtuin tussen 10% en 15% van die gebied gaan brand, wat laer is as vorige jare, omdat die volume gras minder is en nodig is om brande vol te hou.

‘n Woordvoerder van SANParke, JP Louw, sê veldwagters het met beheerde brande begin om die risiko van veldbrande te versag, en dit word gesteun deur gevorderde monitering en samewerking met die Groter Kruger-brandbestrydingsvereniging.

Die NKW is jare reeds ‘n lid van dié vereniging wat groot ondersteuning bied om veldbrande veilig te bestuur.

Luister:

Foto: Leeus in die Krugerwildtuin. Fotograaf: Charles Gentle

Sien ook: Brandstofprys daal weer


×