Die polisie het beamptes geloof wat as vroedvroue opgetree het toe ‘n vrou op 30 Desember by Lebombo-grenspos in kraam gegaan het.
Die ma, Marluz Albino Tovela, was onderweg na Nhambane.
Die polisie se hulp is ingeroep en sers. Tshidi Mokoena en konst. Constable Nyathi het saam met Jabu Nkuna van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gehelp dat die gesonde baba seuntjie gebore word.
Hulle het hom die troetelnaam “Baba Polisiediens en Doeane” gegee.




