Geraldine Caldwell is op 26 Junie te vroeg gebore. Sedertien is Down se sindroom by haar gediagnoseer en drie gaatjies is in haar hart ontdek.
Sy het reeds ‘n hartoperasie ondergaan en later nog ‘n maand in die hospitaal spandeer.
Vir nou is sy tuis in Kiepersol by haar gesin.
Sy sal vir nog drie maande op suurstof moet wees.
“Ons kan haar ‘n uur per dag afhaal om te kyk wat haar liggaam doen,” sê haar ma, Celest.
“Die kardioloog is baie tevrede met haar hartjie. Haar liggaam probeer die onderste gaatjie in die hart van 3mm self reg maak. Die ander twee sal nie self kan regkom nie. Sy gaan definitief die hartoperasie kry wanneer sy sewe of agt maande oud is.”
Hy wil haar in Januarie weer sien om te monitor hoe alles vorder en dan kan die beplanning vir die operasie begin.
“Die hartmedikasie moet sy nog vier maande drink en dan moet sy Januarie weer die polysomnogram doen om te kyk of sy beter gaan wees sonder die suurstof.”
Haar ma sê verder haar jongste tel goed gewig op en is baie woelig.
Die fisioterapeut is ook beïndruk met wat sy alles kan doen.
“Sy kan sien Geraldine probeer baie hard om saam te werk. Sy kom halfpad dan moet ek haar help om die oefening klaar te maak.
“Ons sal later moet kyk na haar ogies, ons gee dit nou eers tyd om te sien of dit self regkom.”
Sien meer: Baba Geraldine eindelik weer tuis