Grusame ongeluk eis man in Mbombela

‘n Man is vanoggend in ‘n motorongeluk dood op die R40 in Riverside nadat ‘n taxi sy kar reg van voor getref het. In ‘n video van die voorval kan duidelik gesien word hoe die minibus beheer verloor en oor die middelmannetjie teen ‘n hoë spoed in die aankomende kar in gly. ER24 was om […]
Hoërskool Lydenburg vier 100ste jaar

Hoërskool Lydenburg (LHS) hou hierdie naweek hul Eeufeesviering. Die skool is amptelik op 27 Julie 1921 gestig. Louise Steenkamp, ‘n oud-leerling en afgetrede onderwyser van die skool, het vir Gerhardt vertel dat die leerlinge aanvanklik in tente skool gegaan het, tot die skoolgebou in 1924 voltooi is. Luister hier oor meer van LHS se geskiedenis. […]
Laeveld nuus – week 39 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vooma-inentingsveldtog die naweek, konstruksie begin op die N4 by Elandshoek, LUR bekommerd oor toename in boeliegedrag by skole en die bloedbank vra dringend skenkings. Luister die hooftrekke hier.
Alzheimers-bewusmakingsmaand: Wat jy moet weet

Tot 85% van mense wat demensie kry, het Alzheimers, sê Elria Erasmus, die senior maatskaplike werker by Alzheimers Mpumalanga. Kortom is dit die afsterwe van breinselle in sekere dele van die brein wat dinge, soos geheue, affekteer, en al hoe meer mense word daarmee gediagnoseer. September is Internasionale Alzheimers-bewusmakingsmaand en sy vertel dat simptome in […]
Curro en Lowveld High hou saam kultuurfees

Curro Nelspruit en Lowveld High het besluit om saam te span om hul leerlinge se kultuurtalente ten toon te stel. Hulle hou volgende maand saam ‘n koorfees en talent vertoning. Alta Ehrke, Curro se kultuurhoof, sê hul oogmerk is om leerlinge meer blootstelling op die verhoog te gee omdat dit so beperk is deur die […]
Nasionale Vooma-inentingsveldtog hierdie naweek

Mediclinic Nelspruit het almal ouer as 18 jaar genooi om die komende naweek by hul dagkliniek hul inenting teen Covid-19 te ontvang. Die regering hou die naweek landwyd ‘n “Vooma”-inentingsveldtog om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang. Honderde private inentingstasies sal daarom ook Saterdag landwyd oop wees. Mediclinic Nelspruit […]
Elandsvallei-konstruksie op N4 skop af

TRAC N4 het vandag begin om ‘n nuwe stormwater-afvoerstelsel by Elandshoek te bou. Hierdie deel van die pad is vroeër vanjaar vir twee weke gesluit na tropiese strom Eloïse sowat 160 mm se reën binne 36 uur in die Ngodwana area sien val het. Die gepaardgaande flitsvloed het bome ontwortel wat die padinfrastruktuur erg beskadig […]
Vrae bly oor R278 miljoen vir ontbinde eenheid in premier se kantoor

Die provinsiale regering het na ‘n maand versuim om te verduidelik hoekom R278 miljoen betaal is aan ‘n spesiale eenheid in die premier se kantoor wat nie meer bestaan nie. Die Eenheid vir Vinnige Implementering (RIU) is in April 2013, tydens David Mabuza se termyn as premier, op die been gebring om infrastruktuurprojekte te monitor. […]
Nellies se Onderwyser van die jaar-finalis deel haar passie

Hoërskool Nelspruit se juf. Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning. Dit het ten doel om besonderse en merkwaardige onderwysers te vereer vir hul bydrae en harde werk. In elke kategorie is ʼn top-20 aangewys. Stemme van die publiek sal nou bepaal watter hoërskool- en laerskoolonderwysers as die […]
Mense aangemoedig om diere in te ent teen hondsdolheid

Voorkoming is die beste teenvoeter vir hondsdolheid, sê dr. Christo Nortje van Van Wijkstraat-dierehospitaal in Mbombela op hondsdolheid-bewusmakingsdag. Daar is nie genesing daarvoor nie, is baie algemeen en endemies aan alle provinsies in die land. Troeteldiere kry dit wanneer hulle in aanraking kom met diere soos meerkatte, muishonde, jakkalse of ander troeteldiere. “As die dier […]