Laeveld nuus – week 43 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Ondersoek geloods na vrou se liggaam in swembad gevind is, kaartjie-verkope open vir Bietjie-bietjie-Bos en Sanparke kondig datums aan vir Parkeweek. Luister die hooftrekke hier.

Baba Ayden is terug by die huis

Baba Ayden van Niekerk is uiteindelik terug by die huis in Lydenburg. Hy was ses maande oud toe hy in Mei skielik ophou asemhaal het. Hy is intussen met brein-hipoksie gediagnoseer. Ayden is gister uit die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg ontslaan. Sy ma, Estelle, sê hulle is baie dankbaar om hom terug by die […]

NGA-gimnaste spog met medalje-oes by SA’s

Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) het 20 dogters en drie seuns gehad wat Mpumalanga onlangs by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe verteenwoordig het. NGA se vlak 4 tot vlak 8 gimnaste het altesaam agt medaljes huis toe gebring. Dit het plaasgevind by die Matsportsentrum in Centurion en was vir die gimnaste ‘n ongelooflike ervaring. Afrigter Maré Putter sê […]

Baanbreker Oz sterk goed aan na prosedure

Bewaring gaan oor veel meer as net sekuriteit. Wetenskap, kennis en opleiding speel ook ‘n belangrike rol, vertel Petronel Nieuwoudt van Care for Wild. Dié veilige hawe se Oz, ‘n sesjarige renosterwesie, was verlede Dinsdag die proefkonyn waarop die eerste CT-skandering suksesvol uitgevoer is op ‘n lewendige, volwasse renoster in die land. Nieuwoudt verduidelik dat […]

Innibos maak bietjie-bietjie ‘n terugkeer

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig moet bywoningsgetalle op die feesterrein tans beperk word tot 2 000 mense. Om voorsiening te maak vir die kunstenaars en mense wat op die terrein werk, kan slegs 1 800 kaartjies beskikbaar gemaak word […]

Vlammie bewys dat aanhouers wen

De Wet Broodryk verstaan wat wat beteken om nooit moed op te gee nie. Sedert hy in gr. 8 sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Bergvlam afgeskop het, het sy skildklier het hom verskeie, ernstige probleme besorg. Tog het hy nooit opgegee nie. Vir sy volgehoue harde werk, is hy verlede week by Hoërskool Bergvlam se meriete-aand […]

Versperring van paaie rondom Mbombela skerp veroordeel

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die sporadiese afsperring van paaie rondom Mbombela vanoggend skerp veroordeel. Die paaie wat in en uit areas soos Kanyamazane en Pienaar lei, sowel as die N4 by Matsulu is daardeur geraak. Die N4 tussen Nelspruit en Kaapmuiden is deur vragmotors afgesper weens protesaksie. Toegang tot KMI-lughawe […]

Vermeende stoper in wildtuin glo deur olifant vertrap

Die liggaam van ‘n vermeende stroper is gister in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gevind. NKW-woordvoerder, Ike Phaahla, sê hul voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene deur ‘n olifant vertrap is en dat hy deur makkers vergesel en agtergelaat is. Die liggaam is deur veldwagters ontdek nadat hulle inligting ontvang het en spore gevolg het. […]

Laeveld nuus – week 42 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Gemeenskap geskok deur bekende Laevelder se moord in Barberton, borg toegestaan aan voormalige LUR wat van moord aangekla word in Nelspruit, Universiteit van Mpumalanga bied vanaf 2022 doktorsgrade en TRAC N4-tydren volgende maand in Dullstroom. Luister die hooftrekke hier.