Familielede mag reis vir begrafnisse

Die departement van samewerkende regering het Donderdag veranderinge aangekondig, wat sekere individue toelaat om tussen provinsies, metropole en distrikte te reis om begrafnisse by te woon. Volgens dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, moet individue wat wil reis ‘n permit bekom. Slegs die oorledene se man of vrou, lewensmaat, kinders en […]

TRAC tref voorsorg teen pandemie

TRAC het streng maatreëls ingestel by hul tolhekke om padgebruikers en werknemers te beskerm. Kommunikasiebestuurder Solange Soares sê dat alle Suid-Afrikaners deur die 21-dag inperking geraak word. As ‘n essensiële diens is alle personeel by tolplazas op die N4 in higiëne en Covid-19-protokol opgelei. Slegs kernpersoneel werk en net die e-Tag-hek en een ander baan […]

Kunstenaars sal nooit kan stil raak nie

Die impak van die koronavirus het verskillende bedrywe hard getref. Vir akteurs en kunstenaars was dit ʼn geweldige skok toe die direkteur van die KKNK, Hugo Theart, op 14 Maart aangekondig het dat hierdie fees nie vanjaar gaan plaasvind nie. Dit was nog byna twee weke voordat pres. Ramaphosa die landwye inperking afgekondig het. ʼn […]

NGF voer hongeres, benodig nog hulp

Mbombela se gemeenskap staan saam om te help om na die dorp se haweloses om te sien. Volgens past. TJ Maré van die Mpumalanga Leadership Foundation wat Nelspruit Gemeenskapsforum bestuur, voorsien hulle daagliks drie maaltye aan tussen 87 en 100 mense. “Dit is ‘n harde tyd, maar die gemeenskap help baie,” sê hy. “Ons weet […]

Die silwer randjie van inperking

Mbombela-stad se berugte dwelmhandelaars is duidelik afwesig van die sakekern se strate sedert die grendeltydperk verlede week afgekondig is. Marina Erasmus van Sanca Laeveld sê die tydperk van inperking het duidelik ‘n positiewe kant betreffende dwelms op straat. “Dit is nie (nou) so maklik beskikbaar nie.” Sy voer aan dat die gewone mark in Andersen- […]

Hoe om amptelike mediese veldwerkers uit te ken

In sy toespraak op Maandagaand 30 Maart het pres. Ramaphosa ʼn uitgebreide landswye veldtog, vir die opspoor van mense wat met die koronavirus besmet is, aangekondig. Hierdie siftingsproses, in Engels screening, sal help om mense op te spoor wat simptome van die virus toon. Hy het onder meer gesê dat 10 000 veldwerkers ontplooi sal […]

Pumas takel die nuwe uitdaging met positiwiteit

COVID-19 het die sportwêreld brutaal tot stilstand geruk. In Mbombela het die Phakisa Pumas ook nie die impak van inperking vrygespring nie. Tog kies hulle om hierdie bloot net as nog ʼn uitdaging te takel. Pieter Burger, hoofuitvoerende beampte van die Pumas Rugbyunie, sê in ʼn telefoniese onderhoud die rugbybedryf is wêreldwyd onder geweldige druk. […]

Departement sluit hospitale vir besoekers

Alle besoektye in Mpumalanga hospitale is afgestel. Volgens die gesondheidsdepartement se hoof, dr. Saveera Mohangi, word besoektye opgeskort om die verspreiding van die virus hok te slaan. Dit sal tot die einde van die tydperk van inperking geld. Die departement sal ook sekere dienste afskaal om op koronavirus te konsentreer. Elektiewe chirurgie sal uitgestel word. […]

Mpumalanga werf addisionele verpleegassistente vir siftingstoetse

Daar is nou 12 bevestigde gevalle van Covid-19 in Mpumalanga. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het Dinsdag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat vier pasiënte reeds herstel het. Vier moontlike gevalle is ook in kwarantyn geplaas. Volgens Mtshweni-Tsipane maak die provinsie ook gereed om deur-tot-deur siftingstoetse vir die koronavirus te doen, soos Maandagaand deur die […]

Die provinsiale regering beoog om spaza-winkels te help. 

Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Dinsdagmiddag tydens ‘n inligtingsessie aan die media bevestig dat baie inwoners in veral landelike gebiede spaza-winkels moet benut. Spaza-winkels word dikwels deur die polisie gesluit vanweë ‘n tekort aan permitte om handel te dryf. Die provinsie sal daarom tydens die tydperk in afsondering poog om die winkel-eienaars te help […]