100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Arrestasies van onwettige myners verwelkom

Written by on July 1, 2024

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, het die arrestasies verwelkom van vermeende onwettige mynwerkers gedurende Operasie “Vala Umgodi”.

Die twee verdagtes is Vrydag in Schoemanskloof buite Mbombela aangekeer en word in terme van die Wet op Omgewingsake aangekla.

Daar is ook op verskeie stukke toerusting wat gebruik word in onwettige mynbou beslag gelê.

Hulle verskyn na verwagting vandag in die hof.

Die LUR sê onwettige mynbou het ‘n negatiewe, dikwels geweldadige, impak op die gemeenskappe waarbinne dit plaasvind en moet hok geslaan word.

Sien ook: We Care 4 Nelspruit bring meer as hul kant vir Innibos


×