100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

ANC-aktivis in Schoemansdal geskiet en gewond

Written by on October 3, 2024

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n skietvoorval Dinsdagaand in Schoemansdal waartydens Sizwe Nyambi, ‘n ANC-aktivis, verskeie kere geskiet is.

Die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê hy het saam met ‘n ander tuis arriveer.

Hy het voor die ingangshek gestop om dit oop te maak toe ‘n gewapende man verskyn het.

Nyambi is verskeie kere geskiet.

Die verdagte kon van die toneel af wegvlug.

Volgens News24 het die uitgesproke Nyambi kort tevore te velde getrek teen ‘n sogenaamde “water mafia” en amptenare in Nkomazi-munisipaliteit wat waterinfrastruktuur sou saboteeer om private watertenk verskaffers te bevoordeel.

Mdhluli sê Nyambi veg om sy lewe in die hospitaal.

Luister:

Sien ook: Emakhazeni deur tornado getref


×