Vermiste KaNyamazane-tiener keer veilig terug huis toe

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die polisie in Mpumalanga het bevestig dat die vermiste 14-jarige seun van KaNyamazane veilig is.

Blessing Quinton Nkosi is as vermis aangemeld na hy eergisteroggend laas gesien is toe hy op pad skool toe was, maar sy onderwyser laat weet het hy het nie by die skool opgedaag nie.

‘n Polisie woordvoerder, luit. kol. Jabu Ndubane, sê Blessing het gister self teruggekeer huis toe.

Tienerseun van KaNyamazane word vermis, 20 Augustus

Die polisie in Mpumalanga is op soek na ‘n vermiste 14-jarige seun wat in KaNyamazane woon.

Blessing Quinton Nkosi is gisteroggend laas gesien toe hy om omstreeks 06:30 op pad was skool toe.

Sy onderwyser het egter deur die dag gebel om te vra waar hy is, aangesien hy Donderdag laas by die skool was.

Blessing het ten tyde van sy verdwyning sy skooluniform aangehad: ‘n blou hemp, donker trui, grys broek en swart skoene.

Enigiemand met inligting is gevra om konst. Nthabiseng Nyathi te kontak by 072-974-1031.