Twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op sers. Lawrence Mtshweni in Schoemansdal, het vandag in die Nkomazi-landdroshof verskyn.
Mtshweni is doodgeskiet terwyl hy op 8 Augustus op ‘n gewapende roof gereageer het.
Rodgers Silinda (27) en Tsepo Trevor Mashele (27) is onderskeidelik op 9 Augustus en 14 Augustus in hegtenis geneem.
Volgens die Mpumalanga polisie het albei hul borgtogaansoeke laat vaar.
Die saak is tot 2 Oktober uitgestel.
Drie ander verdagtes is verlede week in die koninkryk van Eswatini dood nadat hulle daar opgespoor is.
Sien meer: Drie wat glo polisiebeampte vermoor in Eswatini opgespoor
Die ondersoek duur voort.