Die dodetal in die twee afsonderlike ongelukke wat gisteroggend 11 lewens in Mpumalanga geëis het, het tot 12 gestyg.
Vier mans, insluitend die bestuurder, is op die R547 tussen Kinross en Kriel dood toe die sedan waarin hulle gery het, omgeslaan het. Twee passasiers is ernstig beseer.
‘n Ongeluk op die N12 tussen Delmas en eMalahleni het die lewens van ses passasiers geëis toe ‘n geartikuleerde vragmotor teen ‘n stilstaande vragmotor gebots het wat omskep is om passasiers te vervoer.
Die mense was op pad werk toe op ‘n nabygeleë plaas.
Volgens die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, is ses passasiers ernstig beseer. Een het by die hospitaal beswyk. Nog een is intussen gisteraand in die hospitaal oorlede.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, het ‘n beroep gedoen op motoriste om die padreëls te gehoorsaam.
Luister:
Hy het vanoggend die ongelukstoneel op die N12 besoek.