100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

32 uur kragonderbreking vir West Acres beplan

Written by on November 11, 2024

‘n Groot deel van Mbombela sal vir 32 ure volgende Woensdag en Donderdag sonder elektrisiteit wees, vir die munisipaliteit om instandhoudingswerk te doen aan die West Acres-substasie.

Die onderbreking word beplan vanaf Woensdag, 20 November, 09:00 tot Donderdag, 21 November, 17:00.

Dit sal West Acres, The Rest, Sonheuwel, Stonehenge, Geelhoutstraat en omliggende areas raak.

Dit sal Mbombela-munisipaliteit toelaat om instandhoudingswerk aan die substasie te doen en die skakeltuig (switchgear) te vervang.

Die DA-raadslid, Thea Rix, sê dit is ongerieflik, maar broodnodig.

“Hulle moes dit al lank terug reeds gedoen het,” sê sy. “Die werk sal verhoed dat die krag in die toekoms so aanhou afgaan soos tans, wat ook baie ontwrigtend is.”

Die instandhoudingswerk kan wel uitgestel word as reënweer dit nie toelaat nie.

Rix waarsku dat waterverskaffing uiteraard ook daardeur geraak sal word.

Sien ook: Twee buitelanders in hof weens bedrog


×