Man vasgetrek met 582 paspoorte in sy besit

‘n 43-jarige man van Zimbabwe het vandag in die Waterval Boven-hof verskyn na sy arrestasie Maandag. Volgens die Mpumalanga polisie was Edward Chitaizvi in besit van 582 paspoorte en R147,300 se kontant toe wetstoepassers sy voertuig onderskep het. Hul ondersoek dui daarop dat hy op pad was om iemand te ontmoet om die paspoorte te […]
Mbombela stel Maandag amnestieperiode in vir elektrisiteitsmeters

Die DA-koukus in die Mbombela-stadsraad verwelkom die aankondiging dat ‘n amnestieprogram vanaf 15 Desember geïmplementeer sal word. Dit sal inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word. Terwyl die implementering vertraag is, is talle huishoudings egter verkeerdelik ontkoppel en beboet. Die DA glo dat die druk […]
Juan Bester stel ‘Hallo Mams’ vry

Die plaaslike rapper, Juan Bester, het ‘n nuwe enkelsnit vrygestel. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor Hallo Mams. Luister hier:
Vryemarkstigting het plan teen geweldsmisdaad

Niemand blyk ‘n daadwerklike plan te hê oor hoe om die hoë vlakke van geweldadige misdaad in Suid-Afrika hok te slaan nie. Die Vryemarkstigting het voorstelle. Dit is radikaal, maar grondwetlik, sê Martin van Staden, die hoof van beleid, maar daar is geen politieke aptyt voor nie. Luister:
Man wat polisiebeampte-vrou glo vermoor bly in aanhouding

Die man wat in hegtenis geneem is weens die moord op sy polisiebeampte-vrou in Ntunda naby Tonga verlede week, het gister weer in die Nkomazi-landdroshof verskyn. Sipho Ngomane (48) het Vrydag sy eerste hofverskyning gemaak na sy arrestasie weens huishoudelike geweld waartydens hy na bewering sy vrou doodgesteek het met ‘n mes. Volgens die Mpumalanga […]
Wees op die uitkyk vir motorfietse

Motoriste is nie gewoond daaraan om op die uitkyk te wees vir motorfietse nie. Johan du Plessis en Francois Neuhoff van Lowveld Motorcycle Training & Country Tracks vra: “Look twice for bikes”. Luister hier: