Feed the Need se Kersfees-projek bars uit sy nate

Feed the Need se Kersfeesprojek het so gegroei dat hulle vanjaar vir meer as 1,200 behoeftige kinders Kersgeskenke kan gee. Lucille de Villiers en Crystal Joubert sê dit is alles deur die gemeenskap se ondersteuning moontlik gemaak. Luister:

Borgtog vir vermeende onwettige sigarethandelaar in West Acres

‘n Bangladesjiese man wat Donderdag by sy supermark in West Acres, Mbombela, gearresteer is ingevolge die Doeane- en Aksynswet is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Volgens die Mpumalanga Valke is Shahinoor Rahman (45), wat ‘n tydelike asielsoeker is, in besit gevind van bokse onwettige sigarette van verskeie handelsmerke. Hy kon glo nie ‘n koopbewys […]

Instrumentvlugprosedures weer operasioneel by KMIA

Air Traffic & Navigation Services (ATNS) instrumentvlugprosedures, wat vlieëniers toelaat om te land in swak sigbaarheid, is deur die Burgerlugvaartowerheid goedgekeur vir gebruik by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe. Dit na vlugte ontwrig is omdat vlieëniers, weens die opskorting van die instrumentvlugprosedures, nie in reënweer by die lughawe kon land nie. Volgens Mphilo Dlamini, ATNS se […]

Tien mense sterf in twee afsonderlike padongelukke

Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, het kommer uitgespreek oor die aantal padsterftes in die provinsie. Dit volg na tien mense die naweek in twee afsonderlike ongelukke dood is. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê vier mense is Saterdag op die N12 dood. Gister het ses mense gesterf toe ʼn voertuig en ʼn […]