Vermeende stoper in wildtuin glo deur olifant vertrap

Die liggaam van ‘n vermeende stroper is gister in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gevind. NKW-woordvoerder, Ike Phaahla, sê hul voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene deur ‘n olifant vertrap is en dat hy deur makkers vergesel en agtergelaat is. Die liggaam is deur veldwagters ontdek nadat hulle inligting ontvang het en spore gevolg het. […]

Laeveld nuus – week 42 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Gemeenskap geskok deur bekende Laevelder se moord in Barberton, borg toegestaan aan voormalige LUR wat van moord aangekla word in Nelspruit, Universiteit van Mpumalanga bied vanaf 2022 doktorsgrade en TRAC N4-tydren volgende maand in Dullstroom. Luister die hooftrekke hier.