Laeveld nuus – week 41 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Moordbeskuldigde politikus se borgaansoek gaan vandag voort, brand by Komatipoort suikermeule eindelik geblus en groot beleggings in Mpumalanga se padinfrastruktuur beplan. Luister weer die hooftrekke hier.

Geslagsgeweld opnuut veroordeel na vrou se skietdood in Malalane

misdaad

Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar medelye betuig aan die familie van Wandile Lucia Khoza (29), wat Dinsdag na bewering deur haar kêrel by die werk doodgeskiet is. Volgens die polisie het die verdagte by Nkomazi-munisipaliteit se kantore in Malalane, waar sy gewerk het, opgedaag. ‘n Argument het ontstaan voor sy geskiet is. Die […]