Nog 10 000 geënt tydens Vooma-naweek in Laeveld

Mpumalanga kon die naweek tydens die regering se landwye Vooma-inentingsveldtog 19 295 mense teen Covid-19 inent. Die inisiatief is van stapel gestuur om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang deur private inentingslokale oor die naweek oop te maak. Volgens ‘n woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Chris Nobela, is die […]
Sabie Xperience wink vir avontuurlustige bergfietsryers

Die jaarlikse Sabie Xperience vind vanjaar weer later as gewoonlik, volgende maand, plaas. Dit is die 17de aflewering van dié drie dag lange bergfietswedren wat gewoonlik vroeër die jaar is, maar sedert 2020 weens Covid uitgestel moes word. Dit sal van 4 tot 6 November by Floreat Riverside Retreat aangebied word. Die organiseerder, Denzil Lawrie, […]
ATKV-kuieraand maak terugkeer na grendeltydperk

Die plaaslike Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se gereelde kuieraande maak aan die einde van Oktober ‘n terugkeer na die grendeltydperk. Die organisasie beywer hulle daarvoor om die taal te bevorder en sal op 30 Oktober saamkuier by Mbombela-stadion. “Ons is almal lief vir ons taal,” sê Anita Hitge, ondervoorsitter van die plaaslike tak. “Ons […]