Polisie klaar verwarring oor regulasies op

Sigarette is nie ‘n noodsaaklikheid nie, en mag daarom vir die duur van die tydperk van inperking nie verkoop word nie. Polisieminister genl. Bheki Cele het Vrydag duidelikheid hieroor gegee. Hy het ook vermeld dat heelwat mense al in hegtenis geneem is weens die oortreding van die inperkingsregulasies. Van die arrestasies was 752 in Mpumalanga. […]
Kaapsehoop inwoners maak hul harte oop vir die mense van Stella-myn

Stella-myn, ʼn ou asbesmyn wat in die tagtigerjare gesluit is, is deesdae ʼn informele nedersetting. Hierdie nedersetting lê naby die Barberton-grondpad wat uit die Kaapsehoop-pad afdraai. Baie van die inwoners van Stella-myn is werksaam op Kaapsehoop en pendel daagliks vanaf die Barberton-afdraai tot in Kaapsehoop. Hulle is altyd afhanklik van saamrygeleenthede. Ander werk by boere […]
Familielede mag reis vir begrafnisse

Die departement van samewerkende regering het Donderdag veranderinge aangekondig, wat sekere individue toelaat om tussen provinsies, metropole en distrikte te reis om begrafnisse by te woon. Volgens dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, moet individue wat wil reis ‘n permit bekom. Slegs die oorledene se man of vrou, lewensmaat, kinders en […]