15 Wêreldkampioene vir Mpu in biathle en triathle
Written by Mireille on November 21, 2023
Die Moderne Vyfkamp Biathle en Triathle Wêreldkampioenskappe het vanjaar in Bali plaasgevind.
450 atlete van 34 lande het deelgeneem en 14 deelnemers het Mpumalanga verteenwoordig.
Hulle kon 15 goud, drie silwer en vier bronsmedaljes huis toe bring.
Individuele uitblinkers sluit in Zoe Morgado (o.13) wat eersteplekke behaal het in die biathle sowel as die triathle individueel én aflos.
Schalk Loock (o.13) het ook goud gewen in die triathle asook die biathle aflos. Individueel was hy tweede in biathle en behaal ‘n derde plek in triathle.
Hannah Morgado (o.11) was eerste in die biathle aflos, terwyl Lucy van der Westhuizen (o.9) derde geëindig het in die individuele biathle.
Span medaljes
O.15’s:
Lara Janse van Rensburg: Biathle (goud), triathle (silwer)
O.13’s:
Zoe Morgado: Biathle (goud), triathle (goud)
Zoe Jansen van Vuuren: Triathle (goud)
Schalk Loock: Biathle (goud), triathle (brons)
Ruben Matthysen: Triathle (brons)
O.11’s:
Hannah Morgado: Biathle (goud), triathle (silwer)
Zoan Jansen van Vuuren: Triathle (goud)
Logan van der Westhuizen: Triathle (goud)
Sien ook: Jong vyfkampatlete maak Laeveld trots in Madeira