Pumas vier hul Curriebeker in Mbombela
Written by Mireille on July 25, 2022
Die Airlink Pumas kon vandag uiteindelik hul Curriebeker-oorwinningstoer in Mbombela hou vir die spelers en bestuur om hul titeloorwinning met ondersteuners te deel.
Die dorp is behoorlik pienk geverf met aanhangers wat hul ondersteuning gewys het by Grove, Crossing, Valley Hyper en I’langa Mall.
Hulle kon ook foto’s neem en die Curriebeker vashou.
Valley Hyper en Crossing-sentrum het boonop elk R25 000 aan die Pumas geskenk waarmee hulle hul welwillendheidsorganisasies kan ondersteun.
Pumas-hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle is betrokke by Cyril Clarke Sekondêr, Woodhouse weeshuis, en Cosmos.
Hy het saam met sentrumbestuurder Anita McGarry met Mireille gesels. Luister weer hier.
Sien die foto’s hier: