Geraldine Caldwell is sedert 14 Augustus terug in die hospitaal.
100.5FM het op 12 Augustus met haar ma, Celest, gesels. Luister die onderhoud hieronder.
Celest skryf gister dat haar babatjie die koronavirus opgedoen het, en op 16 Augustus het haar hart gaan staan.
“Gelukkig kon die dokters haar bybring, en sy is daardie aand terug na Sunninghill oorgeplaas.”
Die volgende oggend het sy ‘n operasie ondergaan om haar lugweë en stemkas te herstel, waar hulle baie littekenweefsel gevind het.
Op 17 Augustus het sy nog ‘n operasie gehad, waartydens dokters ontdek het dat haar linker kolon opgeswel was, en vloeistof uit haar buik is na die laboratorium gestuur. Sy het geïntubeer gebly tot 18 Augustus.
“Sy vaar nou goed op hoëvloei-suurstof en hopelik sal sy binnekort weer kan begin voed. Sy het ook inflammasie in haar buik gehad, maar gelukkig het dit opgeklaar.
“Ons bid dat sy binnekort huis toe sal kan kom.”
Twee maande oue baba Geraldine benodig nog hartchirurgie, 12 Augustus
Geraldine Caldwell is op 26 Junie te vroeg gebore. Sedertien is Down se sindroom by haar gediagnoseer en drie gaatjies is in haar hart ontdek.
Sy het reeds ‘n hartoperasie ondergaan en is vir nou tuis in Kiepersol by haar gesin.
Ma Celest gesels met 100.5FM oor wat voorlê.
Luister hier:
Sien ook: Backabuddy: Geraldine Heart Surgery
*Geraldine is sedert gister, toe die onderhoud opgeneem is, in die hospitaal opgeneem. Sy het die SARS-virus. Celest vra vir gebede.