Pieter Rischmuller stel ‘Duits-Wes Vastrap’ vry

Pieter Rischmuller wil musiek maak waarop hy verlief is. Hy is terug met ‘n DJ Ossewa-styl enkelsnit, Duits-Wes Vastrap en werk aan vollengte Afrikaanse en Country albums vanjaar. Hy gesels met die Middag Game Drive. Luister weer:
Coenie Naudé stel ‘In jou lig’ vry

Die plaaslike rocker, Coenie Naudé, stel na ‘n ruk weer nuwe musiek vry en ons is saam met hom opgewonde. Sy jongste enkelsnit, In jou Lig, het Vrydag die lig gesien. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Fees loods VIBE Innibos

Innibos loods vanjaar ‘n nuwe projek gemik op hoërskoolleerders met ‘n belangstelling in die skeppende kunste. Steven Schamrel is die projekbestuurder van VIBE Innibos, ‘n simposium en ekspo vol werkswinkels gefokus op teater, visuele kuns, musiek en dans. Luister hier: Stuur ‘n e-pos aan [email protected] vir meer.
Juan Bester stel ‘Hallo Mams’ vry

Die plaaslike rapper, Juan Bester, het ‘n nuwe enkelsnit vrygestel. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor Hallo Mams. Luister hier:
Wanda Zonke laat saksofoon sing vir ‘n Jazz Kersfees

Die plaaslike saksofoonspeler, Wanda Zonke, beplan ‘n groot Jazz Kerskonsert op 5 Desember. Hy was ‘n gas tydens Vrydag Live op die Middag Game Drive. Luister:
Liyana: ‘Let Love Die’

Die R&B-sangeres, Liyana, se jongste enkelsnit, Let Love Die is onlangs vrygestel. Sy vertel hoe haar grootwordjare in ‘n Duits-Filipynse huishouding in Mbombela haar musiekinvloede gevorm het. Luister weer:
Hê ‘n hart vir Kersfees

Bekende en geliefde plaaslike kunstenaars span op 5 Desember by die Boulevard-teater saam om ‘n Kersproduksie met bekende Kersliedjies, maar ‘n nuutgeskrewe teks, op die planke te bring. Anne-Marie, Henry-John Williams, Willie Strauss en Natascha C gesels met Sonop Ontbyt oor Hê ‘n hart vir Kersfees. Luister:
Charles Gentle tree op by Vlammiefees

Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus.
Pieter Rischmuller ‘feel(s) good’

Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
‘Die Tas in Ponte’: Kabaret vir Erfenisdag

Hierdie onderhoud is betaal deur die kliënt.