NHS-atlete oorgehaal vir puik seisoen

Die rekords het weer gespat by Hoërskool Nelspruit se interhuis atletiekbyeenkoms Donderdag, 20 Januarie. Elf interhuis-rekords is verbeter en drie Nellies-rekords. SA-kampioen Ashley Erasmus (o.17) het Shana Scott se vorige skyfwerp-rekord van 32,67 m na 47,17 m verbeter. Sy het volgens ASA se 2020-tabel die maksimum van 1 000 punte gekry vir die skyfwerp sowel […]

Vlammie bewys dat aanhouers wen

De Wet Broodryk verstaan wat wat beteken om nooit moed op te gee nie. Sedert hy in gr. 8 sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Bergvlam afgeskop het, het sy skildklier het hom verskeie, ernstige probleme besorg. Tog het hy nooit opgegee nie. Vir sy volgehoue harde werk, is hy verlede week by Hoërskool Bergvlam se meriete-aand […]

Curro en Lowveld High hou saam kultuurfees

Curro Nelspruit en Lowveld High het besluit om saam te span om hul leerlinge se kultuurtalente ten toon te stel. Hulle hou volgende maand saam ‘n koorfees en talent vertoning. Alta Ehrke, Curro se kultuurhoof, sê hul oogmerk is om leerlinge meer blootstelling op die verhoog te gee omdat dit so beperk is deur die […]

Nellies se Onderwyser van die jaar-finalis deel haar passie

Hoërskool Nelspruit se juf. Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning. Dit het ten doel om besonderse en merkwaardige onderwysers te vereer vir hul bydrae en harde werk. In elke kategorie is ʼn top-20 aangewys. Stemme van die publiek sal nou bepaal watter hoërskool- en laerskoolonderwysers as die […]

Rooitapyt-première verseker Skouspel bly ‘n hoogtepunt

Hoërskool Nelspruit (NHS) het Saterdag DigiTV ingespan om die rooitapyt-première geleentheid van hul Skouspel 2021 regstreeks te stroom. Die revuegroep het hard gewerk aan Skouspel 2021 wat Saterdagaand ook regstreeks gestroom is. Weens inperkingsregulasies kon dit vanjaar glad nie voor ‘n gehoor opgevoer word nie. ‘n Spesiale stel is in die skoolsaal gebou waar dit […]

Nellies redeneer weer top-plekke los by ATKV

Leerders van Hoërskool Nelspruit (NHS) het by die afgelope ATKV-Redenaarskompetisie weer uitstekend presteer. Ten spyte van vele uitdagings met die reisverbod het die ATKV vanjaar ‘n haas uit die hoed gepluk en kon die deelname aanlyn plaasvind. In die Senior Huistaal-afdeling was vyf van die top 10 redenaars in Mpumalanga NHS-leerders. Cornelis van Dyk (gr.10) […]

Vlammie Jeugmentors steek helpende hand uit na medeskoliere

Hoërskool Bergvlam het onlangs hul Jeugmentors vir 2021/22 aangewys. Dié groep tieners bied hul helpende hande, simpatieke ore en omgeeharte al sedert 2013 aan hul mede-Vlammies bied weens ‘n behoefte onder leerlinge vir ekstra hulp. Die program is gebore omdat leerders nie altyd gemaklik is om met onderwysers te praat oor bv. huislike probleme nie, […]

‘Dreamville’ kry ‘n ‘Take 2’ na Covid-jaar

Hoërskool Bergvlam se “Dreamville” word van 10 tot 13 Augustus aangebied by die skool en is ‘n mengsel tussen “Pretville” en “Hairspray”. Dit is egter “Dreamville Take 2” omdat dit verlede jaar weens die Covid-pandemie gekanselleer moes word. Tamira Jamal en Caleb Hardnick het by Radio Laeveld in die ateljee kom kuier. Tamira vertol die […]