Hê ‘n hart vir Kersfees

Bekende en geliefde plaaslike kunstenaars span op 5 Desember by die Boulevard-teater saam om ‘n Kersproduksie met bekende Kersliedjies, maar ‘n nuutgeskrewe teks, op die planke te bring. Anne-Marie, Henry-John Williams, Willie Strauss en Natascha C gesels met Sonop Ontbyt oor Hê ‘n hart vir Kersfees. Luister: 

Jong wêreldreisiger Lucas Ruf gesels musiek

Lucas Ruf, ‘n besonders talentvolle oud-leerling van Uplands, woon deesdae in Oostenryk waar hy ‘n musiekloopbaan begin het. Hy tree volgende Saterdag, 4 September, in sy tuisdorp, Witrivier, op saam met die ongelooflike Natascha C. Sanett het via Zoom met hom gesels en ‘n voorsmakie gekry van hom op die klavier en trekklavier.