Mbombela
Page: 71
In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Reeksmoordenaar van bejaarde vroue in Mbombela gevonnis na hy skuldig pleit op derde moord, twee sekuriteitswagte in aanvalle dood afgelope week, en die Krugerwildtuin doen beroep op gemeenskappe oor strikke. Luister hier na die hooftrekke.
Shaun Oosthuizen is vanoggend tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord in 2018 op Hetta Potgieter in die Macadamia-sorgsentrum in Mbombela. Hy het gister in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit op klagte van moord en roof. Hy is tot 15 jaar gevonnis vir die roof. Potgieter is in Julie 2018 in haar wooneenheid […]
Almal val soms vir ‘n verneukspul. Die grootste bedreiging wanneer dit by finansiële misdaad kom is sosiale ingenieurswese, aldus die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric). Uitvoerende hoof, Nischal Mewalall, sê dit is ‘n truuk wat skelms gebruik om slagoffers te oortuig om hul persoonlike inligting te deel en hulle so te besteel. “Dit speel met jou vrese […]
Mense sukkel om kop bo water te hou, sê Marina Erasmus van Sanca Laeveld. “Die wêreld het sedert April 2020 baie verander en tot op hede het dit nog nie makliker geword nie. “Dit is nie soseer dat mense in hierdie tyd meer dwelms gebruik nie weens verveling of opwinding nie – dalk ‘n klein […]
Die soektog is afgelas na verdagtes wat vanoggend ‘n boer en sekuriteitswag tydens ‘n plaasaanval in die Brondal-omgewing geskiet het. Die voorval het in die omgewing van 07:00 plaasgevind. Daar is na vermoede drie verdagtes en hulle is swaar gewapen. Leonard Theko*, een van die beamptes wat eerste gereageer het op die noodroep, is twee […]
Anri van der Linde het ‘n passie om “tween”-dogtertjies (van tussen 8 en 12 jaar oud) selfliefde te leer. Dié dogter van die bekende Rina Hugo en Johan van Rensburg vertel hoe dit haar self gehelp het toe sy destyds oorsee modelwerk gedoen het. Sy het gereeld gehoor hoe sy maerder moes wees. “Ek het […]
In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Mpumalanga maak gereed vir terugkeer van alle laerskool-leerlinge na die skoolbanke, vyf Curro-leerlinge ontvang Springbokkleure as lede van die Mpumalanga-jeugkoor, Penreach bereik Mandela-maand doelwit en Arrie en Renaldia Henn groet die Nellies. Luister die hooftrekke hier.
Bossies Community Justice (BCJ) is die enigste niewinsgewende organisasie in die Laeveld wat die polisie en sekuriteitsmaatskappye bystaan om misdaad te bekamp. Operasionele bestuurder, Albert Gryvenstein, werk daagliks daarvoor. Hierdie ervare ondersoeker is egter gewoonlik ongesiens deur die publiek agter die skerms betrokke met die bekamping en oplos van misdaad. Hy het met Ludi gesels […]
Hoërskool Bergvlam se “Dreamville” word van 10 tot 13 Augustus aangebied by die skool en is ‘n mengsel tussen “Pretville” en “Hairspray”. Dit is egter “Dreamville Take 2” omdat dit verlede jaar weens die Covid-pandemie gekanselleer moes word. Tamira Jamal en Caleb Hardnick het by Radio Laeveld in die ateljee kom kuier. Tamira vertol die […]
Penreach kon in Julie vir Mandela-maand genoeg boeke insamel om 67 nuwe leeskampe op die been te bring. Hierdie kampe bied kinders ‘n leersame naskoolsentrum in hul buurte. Om een te stig verg ten minste 67 boeke. Dié amper 5 000 boeke is met behulp van plaaslike ondersteuners sowel as nasionale maatskappye ingesamel. Susanna Oosthuizen, […]