Mbombela
Page: 70
Laevelders is diereliefhebbers en dis nie ongewoon om met wilde diere in kontak te kom nie. Jy kry egter wilde diere en dan kry jy wilde diere, sê Chris Hobkirk van die Mpumalanga toerisme- en parkeraad (MTPA) vir Sanett. Luister weer hier na die volledige gesprek. Volgens Hobkirk sal dieselfde diere verskillend optree in omgewings […]
Hoërskool Nelspruit se hoofleiers vir 2021/22 is gister aangekondig. Die dux’e is Paul Harley en Rhodé Nel. Die adjunk dux’e is Wilmien van der Merwe, Berna Kok, Jomarié du Toit, Dina Grimbeek, Larise Combrink, Joshua Devine, Wynand Loubser, Hannes Feuth, Conrad Joubert en Wikus van Biljon. Rhodé is ‘n kranige atleet en hokkiespeler en Hannes […]
‘n Totaal van 109 brandweer- en bestuurslede van Working on Fire (WoF) sal vanaand in die provinsie Manitoba aankom om Kanada te help met brandbestrydingspogings. Die land ervaar reeds vir weke vernietigende brande en het ‘n samewerkingsooreenkoms met Suid-Afrika dat hulle mekaar met hulpbronne help. WoF-woordvoerder, Linton Rensburg, sê die afvaardiging het gisteraand vertrek. Dit […]
Die derde vlaag Covid-19-infeksies hou vol om druk te plaas op Mediclinic Nelspruit se intensiewe- en hoësorg, sowel as noodgevalle eenhede. Dr. Gerrit de Villiers van die groep sê hulle glo almal wat daarvoor kwalifiseer, behoort teen die virus ingeënt word, omdat dit die risiko om ernstig siek te word, of weens die virus te […]
Suid-Afrika se top-man-tennisspeler, Lloyd Harris, het in die vroeë oggendure van Vrydag die grootste oorwinning van sy loopbaan tot dusver behaal, toe hy by die ATP Citi Open die legendariese Rafael Nadal verslaan het. Sy ma, Cecelia Harris, het haar raad aan Laeveldse ouers wie se kinders sportdrome koester, met Radio Laeveld 100.5FM gedeel. Die […]
Dit is Vrouedag 2021 en ter viering daarvan het Lynette Beer, die skrywer, spreker en stigter van Seeds of Inspiration, met Sanett gesels oor hoe sy vroue se rolle sien. Sy sê ‘n vrou moet met moed leef – ter wille van haarself, ander mense, God, én haar vyande. Sy wei uit. Kyk hier weer […]
The Capital Mbombela is gereed om in November sy deure in Mpumalanga se hoofstad te open en beloof om ‘n eerste vir Mbombela te wees. The Capital se benadering is om beide hotelkamers te bied sowel as luukse woonstelle wat besoekers kan huur. Buiten vir sakemense is dit ideaal vir naweek-besoekers of gesinne wat kom […]
Vodacom Mpumalanga het nou ‘n aktiewe 5G-netwerk in Mbombela. Dit maak hulle die eerste diensverskaffer om dit in die provinsie te bied. Monde Ngcukana, uitvoerende hoof van bedrywighede vir Vodacom in Mpumalanga, sê dit is bloot die jongste tegnologie. Dit bied, kortweg, drie groot voordele. Eerstens is die spoed van die internet meer as 22 […]
Werk jy steeds van die huis af, of ten minste soms soos as jy weens Covid moet isoleer? Vir enkellopendes kan die isolasie uitmergelend wees, en vir gesinne ‘n sirkus. Hoe bestuur jy jou produktiwiteit? Maak jou bed op, trek ordentlik aan, rig ‘n kantoor in en bly by die skedules wat jy vir die […]
Hoërskool Bergvlam het onlangs hul Jeugmentors vir 2021/22 aangewys. Dié groep tieners bied hul helpende hande, simpatieke ore en omgeeharte al sedert 2013 aan hul mede-Vlammies bied weens ‘n behoefte onder leerlinge vir ekstra hulp. Die program is gebore omdat leerders nie altyd gemaklik is om met onderwysers te praat oor bv. huislike probleme nie, […]