100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela

Page: 69

Die storie van die sogenaamde Munsieville-moordenaars klink soos ‘n riller. Shaun Oosthuizen is op 4 Augustus tot lewenslange trokstraf gevonnis vir die moord in 2018 op Hetta Potgieter in Mbombela – asook 15 jaar vir roof. Hy en Johnny du Plooy dien ook elk reeds twee lewenslange vonnise uit vir twee ander moorde wat op […]

Radio Laeveld 100.5FM se eie Sanett Oosthuizen is genomineer vir ‘n GoeieGons!-toekenning as Radiopersoonlikheid van die jaar. Luisteraars ken haar as die stem op 100.5FM waarmee hulle soggens wakker word en hul dag aan die gang kry. Aanvanklik het sy en Neels die Laeveld Ontbyt saam aangebied, maar sedert Desember het luisteraars gewoond geraak om […]

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê hy verwag dat hulle hierdie week nog kan begin om mense ouer as 18 jaar teen Covid-19 in te ent. Hy was vandag op besoek aan inentingslokale in Nkomazi-munisipaliteit sowel as by Rob Ferreira-hospitaal saam met Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, en LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini. […]

Hoërskool Nelspruit (NHS) se revue het al ‘n jaarlikse hoogtepunt geword op die kalender in die Laeveld. Dit kon nie verlede jaar plaasvind nie, en daarom is besluit om Skouspel 2021 vanjaar ‘n bietjie anders te benader. Weens Covid-19-regulasies kan ‘n gehoor nie toegelaat word nie en die vertoning sal slegs vir een aand, op […]

Twee 15-jariges sal na verwagting vandag in die hof verskyn, nadat hulle in twee afsonderlike voorvalle Vrydag na bewering familielede doodgemaak het. Volgens die polisie hou beide voorvalle verband met huishoudelike geweld. In Bosbokrand is ‘n 65-jarige man die aand na ‘n bakleiery met sy vrou glo deur een van sy kinders doodgesteek. ‘n 49-jarige […]

Nuwe rugbyreëls sal vir die volgende 12 maande wêreldwyd getoets word, en die Springbokke sal vanaand vir die eerste keer in hul kragmeting teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap daarvolgens geblaas word. Oubaas Coetzer, hoof van rugbyskeidsregters in Mpumalanga, het vir Gerhardt verduidelik wat dit behels.

Die Lowveld & Escarpment Fire Protection Association (Lefpa) sê geen verdere voorbrande moet meer gemaak word nie, omdat die brandgevaar baie hoog is hierdie tyd van die jaar. Volgens André Scheepers van Lefpa is alle beskikbare hulpbronne en spanne op hoë gereedheid geplaas om op enige brande te reageer en die publiek te waarsku. Tot […]

‘n Groep van Hoërskool Bergvlam se jong wetenskaplikes is genooi om in Oktober aan die nasionale Tritech-ekspo deel te neem. Die “Vlammies Cradle”-span bestaan uit Brian Magagula, Esther Ukpe, Jeff Simango, Nosipho Mampho en Pfumani Khoza. Hul naam is geïnspireer deur Newton’s Cradle en Pfumani sê hulle is ‘n span wat soos ‘n masjien saamwerk. […]

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Krugerwildtuin verdedig besluit om olifantkalfie uit te sit, valke soek verdagtes wat twee polisielede skiet, Working on Fire stuur brandbestryders na Kanada en die DA vra Menseregtekommissie om tekort aan medisyne te ondersoek. Luister die hooftrekke hier:

Die onlangse besluit van die Krugerwildtuin (NKW) om ‘n wees olifantkalfie van kant te maak, het vrae laat ontstaan oor SANParke se beleid oor mense se ingryping in die natuur. Die olifantjie is geskiet nadat die ma aan natuurlike oorsake dood is. Volgens SANParke se beleid word ingryping nie toegelaat wanneer diere wees gelaat of […]