100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela

Page: 66

Vir Hoërskool Bergvlam se Louise Fullard is aanlyn digitale onderrig ‘n passie. Nie net het sy al toekennings gewen vir hoe sy dit lank voor die pandemie in haar lesse aangewend het nie, maar dit is ook die tema van haar verdere studie. “Ons kan nie meer skoolhou soos in die 20ste eeu nie,” sê […]

Hoërskool Nelspruit (NHS) se ontvangsdame, Theresa de Wet, is as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys. Die Gilde vir Kantoorpraktisyns se gala-aand is verlede week in Pretoria deur die top 25 kandidate in die land bygewoon. Van hulle was drie uit Nelspruit afkomstig. De Wet is as die algehele wenner aangewys en het vanoggend die […]

Elvis Blue gaan die Laeveld vanaand vermaak tydens die sesde en laaste aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks. Dit word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Jo Black, Jak de Priester, Charl du Plessis, Refentse en Roan Ash was die afgelope maande reeds aan die beurt. Bywoning na die optrede is slegs […]

Baba MJ was agt maande oud toe hy in Mei vanjaar oorlede is. Om sy lewe te vier het sy ouers op 2 September, wat sy eerste verjaarsdag sou wees, die kinders van Katoen met ‘n kinderpartytjie bederf. Hy het die Laeveld se harte aangegryp sedert sy geboorte. Hy is gediagnoseer met ‘n uiters seldsame […]

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Voorstel aanvaar om kinderkommissaris vir Mpumalanga aan te stel, Machadodorp-wisselaar op N4 amptelik geopen, Witrivier-inwoner bereik top 10 met boereworsresep en Nelspruit Eisteddfod 2021 na twee jaar weer op die verhoog. Luister die hooftrekke hier.

Dit is lente, ‘n tyd vir verandering en vernuwing. Dalk begin jy nou met ‘n nuwe werk, verhuis of begin jy planne beraam om in 2022 van een ding na ‘n ander aan te beweeg. Verandering is ‘n sekerheid, maar baie stresvol. Opvoedkundige sielkundige, Le-Verne Wagner, help met raad oor hoe om suksesvol aan te […]

Witrivier se eie Riekie Trollip het vanjaar die top 10 bereik in Checkers en Shoprite se jaarlikse Championship Boerewors-kompetisie. Trollip is geen onbekende onder inwoners van Witrivier nie. Hoewel sy aanvanklik in die bankwese begin het, het sy later ‘n loopbaanskuif na die slaghuis-bedryf gemaak. “Die mense is later nie meer jou kliënte nie, hulle […]

Die Nelspruit Eisteddfod is in volle swang, na dit ‘n bietjie uitgestel moes word en verlede jaar glad nie kon plaasvind nie weens die Covid-19-pandemie. Voorsitter, Werna Walters, het vir Amanda vertel watter aanpassings hulle moes maak en almal uitgenooi om te kom kyk. Luister weer hier na die gesprek. Die blootstelling aan kuns en […]

‘n Agtste verdagte is gister aangekeer vir nagenoeg R11,5 miljoen se bedrog. Warren Brett Smith (48) het Maandag in die hof vir kommersiële misdade in Mbombela verskyn. Hy is dieselfde dag deur die Valke vasgetrek. Hy word saam met sewe ander mense aangekla van bedrog, diefstal en geldwassery. Smith was in Februarie 2019 glo in […]

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie ‘n verskoning nie. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, vertel hoe veral bemarkers heel eenvoudig hulself met dié wet kan belyn. Sy deel agt maklike stappe met Sanett. Luister hier weer daarna. Die stappe is: 1) Wys […]