100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela

Page: 64

Juané le Roux, ‘n gr. 8 para-atleet van Hoërskool Nelspruit, het Saterdag tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Boksburg drie allemintige nuwe Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters o/14 opgestel. In hierdie klassifikasie het atlete ‘n enkele amputasie bo of onder die elmboog. Juané het die gewigstoot-rekord verbeter van 2,4 m na 12,34 m. In skyfwerp […]

Daar word steeds gesoek na twee vermeende transitorowers wat vanoggend wagte in Sabie aangeval het. Fidelity-wagte was om ongeveer 07:00 besig om kontant by die Spar op te tel. Die een wag was besig om uit die winkel te loop toe drie mans op hulle toeslaan. ‘n Skietery het uitgebreek. Een wag is in die […]

Hoërskool Nelspruit se juf. Maryke Coetzee het van 5 tot 12 September die klaskamer verruil vir die netbalbaan om die Mpumalanga Sunbirds te verteenwoordig by die eerste been van die Telkom Netballiga. Sy was ook die span se kaptein in haar agtste verskyning wat sy vir die provinsiale span vanjaar gemaak het. Sy sê die […]

Die Unesco Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied sal saam met ‘n advieskomitee deur die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap bestuur word. So sê die uitvoerende hoof van die MTPA, Johannes Nobunga. Die MTPA is onlangs as die bestuursgesag oor die gebied aangekondig. Daar is gehoop dat die MTPA dit nie alleen sou bestuur nie. Verskeie grondeienaars het daarteen kapsie gemaak […]

Nompumelelo Portia Nkambule (37) is Vrydag in die Hooggeregshof in Mpumalanga tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy haar gewese kêrel se dogtertjie doodgemaak het. Volgens die nasionale vervolgingsgesag was klein Philisiwe Charlotte Nkosi (3) vanaf Desember tot Februarie in die vrou se sorg naby Barberton terwyl haar pa werk gaan soek het. Haar biologiese ma […]

Twintig van Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) se gimnaste is op pad om in Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem. Amoré Gerber (vlak 8) en Jasmin Muller, Isabel Prinsloo en Iané Swart (almal vlak 7) het met Gerhardt gesels oor hul liefde vir dié sport. Luister weer hier daarna. Jasmin was twee jaar gelede […]

Dit is somer en met dit raak slange meer aktief. Soos die gesegde lui is die nie ‘n vraag óf jy dalk die een of ander tyd met een in jou huis te doen gaan kry in die Laeveld nie, maar eerder ‘n kwessie van wanneer. Plaaslike slangvanger, Anneke van Schoor, het vir Gerhardt vertel […]

In die nuus uit die Laeveld die week: Mannejag geloods na gewapende roof, weermaglid se vermeende moordenaars verskyn in die hof en registreer hierdie naweek om te stem. Luister die hooftrekke hier.

Inwoners van Barberton het ‘n dringende beroep gedoen op Mbombela-munisipaliteit om die dorp se brandweerdiens te herstel. DA-raadslid Philip Minnaar sê die jongste voorval gister, waarin ‘n huis op Brommers-plaas afgebrand het weens ‘n veldbrand, wys dat hulle nie meer so kan aangaan nie. Gelukkig kon die gemeenskap self die vuur blus. Minnaar sê daar […]

Asof ‘n kankerdiagnose alleen nie vreesaanjaend genoeg is nie, staar kankerpasiënte gewoonlik ook ‘n finansiële berg in die gesig – hetsy hulle nie aan ‘n mediese fonds behoort nie, of hul fonds nie alle behandeling volledig dek nie. Moving Mountains se stigter, Izelle Pretorius, het met Amanda gesels oor hoe dié organisasie kankerpasiënte prakties daarmee […]