Mbombela
Page: 63
Mediclinic Nelspruit het almal ouer as 18 jaar genooi om die komende naweek by hul dagkliniek hul inenting teen Covid-19 te ontvang. Die regering hou die naweek landwyd ‘n “Vooma”-inentingsveldtog om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang. Honderde private inentingstasies sal daarom ook Saterdag landwyd oop wees. Mediclinic Nelspruit […]
TRAC N4 het vandag begin om ‘n nuwe stormwater-afvoerstelsel by Elandshoek te bou. Hierdie deel van die pad is vroeër vanjaar vir twee weke gesluit na tropiese strom Eloïse sowat 160 mm se reën binne 36 uur in die Ngodwana area sien val het. Die gepaardgaande flitsvloed het bome ontwortel wat die padinfrastruktuur erg beskadig […]
Die provinsiale regering het na ‘n maand versuim om te verduidelik hoekom R278 miljoen betaal is aan ‘n spesiale eenheid in die premier se kantoor wat nie meer bestaan nie. Die Eenheid vir Vinnige Implementering (RIU) is in April 2013, tydens David Mabuza se termyn as premier, op die been gebring om infrastruktuurprojekte te monitor. […]
Hoërskool Nelspruit se juf. Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning. Dit het ten doel om besonderse en merkwaardige onderwysers te vereer vir hul bydrae en harde werk. In elke kategorie is ʼn top-20 aangewys. Stemme van die publiek sal nou bepaal watter hoërskool- en laerskoolonderwysers as die […]
Voorkoming is die beste teenvoeter vir hondsdolheid, sê dr. Christo Nortje van Van Wijkstraat-dierehospitaal in Mbombela op hondsdolheid-bewusmakingsdag. Daar is nie genesing daarvoor nie, is baie algemeen en endemies aan alle provinsies in die land. Troeteldiere kry dit wanneer hulle in aanraking kom met diere soos meerkatte, muishonde, jakkalse of ander troeteldiere. “As die dier […]
Geen fees van enige beskrywing kan sonder musiek nie. By Bos InniMall hoef jy boonop nie eens kaartjies na dié vertonings te koop nie. Jy gaan bloot lekker kuier by ‘n restaurant van jou keuse in i’langa Mall om vermaak uit die boonste rakke te geniet. Elke aand vanaf 17:00 in die Piazza tree plaaslike […]
‘n 29-jarige man en 24-jarige vrou is gister in Shabalala Trust naby Hazyview aangekeer. Hulle was glo in besit van vyf vuurwapens, polisie-uniforms, ander polisie-toerusting en ‘n magdom ander gesteelde items. Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê dit volg nadat hulle inligting ontvang het oor ‘n voertuig wat vroeër gekaap is. Die voertuig en meubels wat […]
Na twee winters van geen Innibos Kunstefeeste nie, is die Laeveld gereed om hierdie Erfenisnaweek “bos” te gaan in i’langa Mall. Reg oor die wêreld kry ʼn mens in strate en op pleine musikante wat met ʼn perdekop hul instrumente bespeel. Tydens Bos InniMall kry die Laeveld ook die geleentheid om ons eie perdepianis van […]
In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Bye-aanval eis bekende Komatipoort-bakster, private grondeienaars waarsku Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied se status is in gedrang, Nellie-atleet laat nasionale rekords spat en gaan Bos InniMall die naweek. Luister die hooftrekke hier.
Kom lag al jou Covid-sorge weg by Bos InniMall. Die fees skop môre af in I’langa Mall. Die toneelproduksies, is soos met elke Innibos-fees, uit die boonste rakke, en beloof om al jou kwellinge te verdryf. Komediant Schalk Bezuidenhout is te sien saam met musikant Wesley van der Westhuizen in “Schalk sing sleg”. Die gehoor […]